ʼn Metropolisiebeampte van Johannesburg het Dinsdagaand ʼn slagoffer van ʼn kaping gered na ʼn skietery met vier mans in Soweto.
“Die beampte was op pad huis toe nadat hy van sy skof afgekom het,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die polisie, gesê. “In Impalaweg in Protea, Soweto, het hy gesien hoe vier mans poog om die bestuurder van ʼn VW Polo te kaap.”
Die beampte het glo uit sy patrollievoertuig gespring om die slagoffer by te staan, maar die verdagtes het op hom losgebrand. “Hy het agter die voertuig weggekruip en teruggeskiet,” het Minnaar bygevoeg.
Drie van die mans het in ʼn wegkomvoertuig, ook ʼn Polo, gevlug, en een van die mans het in die veld ingehardloop.
“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het hy gesê. Die slagoffer is ongedeerd. “Die beampte was baie dapper en sy optrede bewys sy toewyding.”
Gee die man ‘n medalje, behalwe as hy wit is…..dan sal hulle hom aankla.
Goed gedoen, gee hom ‘n medalje. Dit wys daar is nog mense wat werklik omgee.