Goeie nuus: Mev. SA as eerste prinses aangewys by Mev. Wêreld – video

Scott (links) saam met Mev Wêreld (middel). Foto: Facebook

Scott (links) saam met Mev Wêreld (middel). Foto: Facebook

Sarah-Kate Scott, Mev. Suid-Afrika en die bekende radiopersoonlikheid Darren Scott se vrou, is as die eerste prinses aangewys in die Mev. Wêreld-kompetisie in Maryland in die VSA.

Scott is in Augustus tydens ʼn glansgeleentheid by Emperors Palace as Mev. Suid-Afrika vir 2015 aangewys. Sy het van 8 November af aan die Mev. Wêreld-kompetisie deelgeneem en het Woensdagaand saam met Mev. Pole, Mev. Belarus, Mev. Sevastopol en Mev. Peru deurgedring na die top 5 uit nagenoeg 60 deelnemers. Marina Alexeychik, Mev. Belarus, is as Mev. Wêreld 2014 gekroon.

“Wat ʼn nag. Hoe gaan ek slaap? Dankie Jesus vir die eer om my pragtige land te verteenwoordig en om as eerste prinses gekroon te word by Mev. Wêreld,” het Sarah-Kate op haar Facebook-blad geskryf. “So trots op Sarah-Kate – eerste prinses by Mev. Wêreld! Jou seuns kan nie trotser op jou wees nie. Jy is ons Mev. Wêreld en ons mis jou… so kom nou huis toe… xxx,” het Darren op sy Facebook-blad geskryf.

Volgens die Mev-Suid-Afrika-webtuiste sal Sarah-Kate vir minder as ʼn week tuis wees voordat sy op 27 November na China vertrek om aan Mev. Heelal deel te neem.

** Hierdie artikel vorm deel van Goeie Nuus-week, ʼn gesamentlike projek deur GrootFM, Maroela Media, Finesse en Rekord. Van 17 tot 21 November plaas ons nie net die klem op goeie nuus nie – ons gaan soek ook goeie nuus wat jou warm om die hart sal maak. Klik hier om al die goeie nuus-artikels te lees wat ons reeds gepubliseer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Darem iets moois om te lees vir ‘n slag. Baie geluk Sara-Kate. Trots op jou en jy verdien dit uit en uit. Jy is pragtig binne en buite. Geniet jou tydperk as 1ste Prinses en alles daarna.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.