Goeie nuus: Minder renosters in 2015 gestroop

Argieffoto Foto: viechfisch, Pixabay

Argieffoto Foto: viechfisch, Pixabay

Die minister van omgewingsake het Donderdag ʼn afname in die aantal renosters wat in 2015 gestroop is, aangekondig.

“Teen die einde van Desember 2015 is 1 175 renosters gestroop,” het minister Edna Molewa tydens ʼn perskonferensie in Pretoria gesê. “Dit is nog steeds te veel. Van die 1 175 is altesaam 826 in die Kruger-wildtuin gestroop.”

Altesaam 1 215 renosters is in 2014 gestroop.

Sy het gesê die situasie sou “baie erger gewees het” as dit nie was vir die regering se geïntegreerde strategiese bestuur (ISM) van renosters wat die kabinet in Augustus 2014 aangekondig het nie.

“Baie werk is gedoen en ʼn skerp toename in die aantal renosters wat gestroop is, is voorkom, veral weens daadwerklike pogings deur wetstoepassers en sekuriteitsagentskappe,” het Molewa verduidelik.

Sy het gesê gebaseer op die nuwe sensusdata is Suid-Afrika se renosterbevolking stabiel.

“Die 2015-opname toon dat daar nou tussen 8 400 en 9 300 witrenosters in die Kruger-wildtuin is,” het sy bygevoeg.

Die ISM is die Suid-Afrikaanse regering se multi-bedryf, multi-dissiplinêre strategie om renosterstropery hok te slaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Elfrieda Michau ·

Baie goeie nuus. Maar steeds hartseer… Want elke een is een te veel….

Get real ·

Ai mense… word wakker!!!!!! Een is te veel!!!!! Wat van oor ‘n duisend! Ek wens ek kan die hele spul vang wat verantwoordelik is. Ek hang elkeen aan sy groot toon op.

Relatief ·

Wonderlik…. ‘n afname….. werklik? Red nou ‘n nasie met sulke statistiek!!!
As daar nou max 9300 renosters is (wel net in Kruger wildtuin maar dis al wat ek het om mee te werk…) en daar is die jaar 1175 gestroop gee dit 10475. Voor dit 1215 gestroop.
Begin dus met 11690.
1215 van 11690 = 10.393%
1175 van 10475 =11.217%
Dus ‘n TOENAME.

Met die totale getalle sal die prentjie presies dieselfde tendens toon.

As daar ook so voortgegaan word met die uitmoor van boere sal die getalle ook verminder tot daar geen boere oorbly nie… persentasiegewys sal die orentjie egter pikswart lyk…. askies… dis n uitdrukking… nie ‘n politieke stelling nie…

Jan ·

Dankie, nog iemand wat kliek dat dit ‘n nuttelose stelling is en dat 40 renosters minder nie statisties relevant is nie.

HEVW ·

Logies hoe minder die renosters hoe moeiliker is hul bekombaar.

Realis ·

Die berig kwalifiseer as “nuttelose inligting vir 2015”

SNEL ·

Bly oor die afname, baie dankbaar vir almal wat help om ons renosters veilig te hou. Is nogsteeds n groot getal wat gesterf het, maar danksy mense wat omgee is dit nie nog hoër nie. Ek wens dit wil heeltemal stop en dat die diere in vrede gelos word. Baie baie dankie vir almal wat stropers vastrek en kyk om ons pragtige diere veilig te hou. Glad nie n maklik taak glo ek nie, julle moet omtrent oral wees, baie sterkte vir 2016, hoop die getal kry julle nog meer af die jaar en vang nog n klomp stropers, baie dankie vir julle goeie werk.

Theresa B ·

1 Gestroopte renoster is te veel. Moenie julle self op die skouer klop nie. Die oorlog is nog vêr van gewen af.

m ·

Wonder hoe akkuraat is hierdie statistieke!!?? Renosters word daagliks afgemaai so kan nie so lekker sien dat daar afname kan wees nie.

Strydom-:Stryslim eerder ·

Relatief, goeie insig, stem volhartig saam!

Monica ·

Ek dink nie dit is goed dat dit so bekend gemaak word dit so op fb en internet stroopers lees ook en nog van te praat waar dit voorkom. dit huts hulle net verde aan, ons is dankbaar en moet ten alle koste dit so vermy om hulle te beskerm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.