Goeie nuus: Nóg goedkoper brandstof in Februarie

petrolMotoriste kan hulself gereedmaak vir nóg ʼn beduidende daling in brandstofpryse vir Februarie.

Paul Joubert, senior ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), het Dinsdag voorspel die prys van ʼn liter petrol sal op 4 Februarie waarskynlik met meer as 90c daal, terwyl die groothandelprys van diesel met sowat R1 behoort te daal.

“Selfs al het die rand gedurende Januarie ietwat teen die dollar verswak vergeleke met Desember, het die prys van ru-olie steeds in Januarie aanhou daal, wat hierdie dalings in plaaslike brandstofpryse veroorsaak,” het Joubert gesê.

Met die verwagte daling sal prys van 93-oktaan petrol in Gauteng skaars meer as R10 per liter wees, ʼn vlak wat laas in middel-2011 gesien is. Februarie se petrolprys sal sowat 28% laer wees as die nominale rekordprys van R14,16 wat motoriste in April 2014 vir 93-oktaan petrol in Gauteng moes betaal.

“Die rede waarom plaaslike brandstofpryse nie persentasiegewys soveel daal as wat rand-oliepryse daal nie, is omdat slegs ʼn gedeelte van plaaslike brandstofpryse veranderlik is volgens oliepryse. ʼn Beduidende gedeelte van die brandstofpryse bestaan uit ‘vaste’ komponente soos die heffings, groot- en kleinhandelswinsmarges en logistieke koste. Hierdie komponente styg en daal nie wanneer rand-oliepryse styg of daal nie. Dit verklaar waarom plaaslike brandstofpryse slegs 28% daal terwyl rand-oliepryse sowat 54% gedaal het,” het Joubert verduidelik.

Joubert het gesê dit lyk of Februarie se prysdaling die laaste noemenswaardige daling in die korttermyn sal wees, aangesien dit nie tans voorkom asof oliepryse nog veel verder gaan daal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anoniem ·

Ek bly eerder anoniem voor die Gautengers `n perdekomando stuur om my van die gras af te maak oor wat ek nou gaan sê. Ek stel voor hulle verhoog die petrol /dieselprys in Gauteng met een rand en gebruik daardie geld vir die tolpaaie. Verander dan die tolkamaras in spoedkamaras en ek belowe julle Gauteng betaal binne een jaar al hulle tolpaaie klaar. – Ek grond my voorstel op: Die spoed wat die Gautengers hierdie vakansie gehandhaaf het reg oor die land was verbysterend en dit lyk vir my of hulle in elk geval begroot vir spoedboetes. Hulle verminder nie eers spoed by permanente kamers in dorpe nie. Dan kan hulle maar ook begroot vir die een rand verhoging in die petrolprys en die tol-spoedkameras of wat sê ek?

Ook anoniem! ·

Ha! Ek moet se dis nogal slim gedink anoniem! Om mense te motiveer of te “dwing” d.m.v boetes om by die spoedgrens te hou, gaan baie meer lewens op die pad spaar! En DIT is baie belangriker as geld!

David ·

Aan anoniem wat reken hulle moet Gauteng se petrol pys verhoog en tolkamaras in spoedkamaras verander. Wel graag wil ek weet of u weet hoe dit voel om in Gauteng te woon, werk en leef op ‘n daaglikse basis. Indien ni, moet asb. nie alle Gautengers wil beskuldag van spoed nie. Ek is op n daaglikse basis op die pad en as ek kyk na nommerplate heeldag gaan ek verseker ‘n ongeluk maak. Weet nie of u so stadig ry dat u kan sien dat dit “net” Gauteners is wat jaag nie, of bly u dalk op ‘n dorpie waar daar so 12 karre en 3 texies is in spitstyd is. Wel maar ek kan u se dat mense wat so stadig ry maak dat mense wat op tyd werk begin jaag en dan wil hulle nog ‘n oorval kry as jy vra dat hulle in die stadiger bane ry van die hoofweg. Die reel se immers “hou lings en gaan regs verby”. So gaan dink asb mooi as u beskuldigings uitdeel wat die redes is vir mense wat vinnig ry. Wat ek wel mee saamstem is hulle kan maar die tolkamaras in spoedkamaras verander want ek gaan inelkgeval nie tol betaal nie. Dit was opgesit om almal in Suid Afrika te bevoordeel, maar wie het daardeur voordeel getrek. Nie ek of enige ander hardwerkende Gautenger nie.

Paul ·

Ja nee, mense wat teen 80km/h tot 100km/h aankruie in die tweede baan van regs af op ‘n snelweg met vier of vyf bane na elke kant toe, soos tussen Johannesburg en Pretoria, is uiters onbedagsaam en onoplettend.
As jy 80km/h wil of moet ry op so ‘n breë snelweg, skuif oor na heel links, of na die tweede baan van links indien daar talle op- en afritte van die snelweg is. Sodoende kan mense wat teen 120km/h wil ry omdat hulle werk het om te doen, dit veilig en gemaklik doen.

Hester ·

Ek is so bly brandstof se prys gaan af ek hoop dit kan nog af gaan

Gert ·

Wil net graag noem dat brandstof pryse in Desember gedaal het, gaan nou ook in Januarie daal maar geen vermindering in SA lugdiens se tariewe nie, wanneer die brandstof pryse weer styg sal ons sien die SAL tariewe styg ook?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.