Goeie nuus: Nóg ʼn veer in Kaapstad se hoed

Kaapstad Foto: Travel & Leisure

Kaapstad Foto: Travel & Leisure

Kaapstad het pas die negende plek gehaal op Travel and Leisure se lys van beste stede in die wêreld.

“Vergeet alles wat jy van Afrika weet. Kaapstad is op die voorpunt, kunssinnig en propvol energie,” word Kaapstad beskryf. “Daar is min lekke in die wêreld waar jy jou inkopievaardighede kan toets (Woodstock se Neighbourgoods Market op ʼn Saterdagoggend is net die plek vir Afrikaanse biltong en sy-en-leersandale), waar jy op safari kan gaan en wêreldgehalte cuisine in een naweek kan geniet.” Clifton se strande word ook besing.

Kyoto in Japan is vir die tweede keer aangewys as die beste stad ter wêreld. Italië spog met Florence en Rome wat vir die afgelope 10 jaar elke keer op die lys verskyn.

Die beste stede ter wêreld volgens dié lys:
1. Kyoto (Japan)
2. Charleston (Suid-Carolina, VSA)
3. Siem Reap (Kambodja)
4. Florence (Italië)
5. Rome (Italië)
6. Bangkok (Thailand)
7. Krakow (Pole)
8. Barcelona (Spanje)
9. Kaapstad (Suid-Afrika)
10. Jerusalem

Klik hier om meer besonderhede oor die verskillende stede te lees.
Besoek Travel and Leisure se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hentie ·

Ons kan darem seker ook, aan die DA regering, ‘n gedeeltetjie “dankie-sê”, dat Kaapstad die 9de plek verower het! Baie geluk Kaapstad! Ons is trots op ALMAL wat hard werk om die mooi stad van Suid-Afrika, bekend te maak vir goeie en mooi dinge!!

Armando ·

Hentie man, die Da het kaapstad grootendeels so geërf, soos wat die ANC die res van die land in ‘n redelike toestand geërf het maar toe ‘n groot flop daarvan gemaak het. Veronderstel enige ander wetstoepassende organisasie het dit “oorgeneem”, dink jy nie dit sou met dieselfde louere weggestap het nie? Jou politieke onderrokkie sreek uit man.

Michiel ·

Armando… Al sou die DA dit in ‘n goeie toestand sou gekry het (volgens jou) het hulle gewerk om dit so te hou, te verbeter in baie opsigte en mens trots te maak. Heeltemal teenoorgesteld as wat ANC gedoen het met die werkende land wat HULLE gekry het. Moet tog nie so negatief wees nie man. DA BO!

Eliza-beth ·

Peet – daar bestaan nie eers ‘n getal om dit voor te stel nie, dis SO ver van bo af, hehe!

lynette ·

Mooi so Kaapstad . Maar daar is nog ander mooi plekke ook . Hulle het nog nie die Oos Kaap besigtig nie . Kaapstad is vir al die toeriste n groot naam net oor tafelberg . Al kan jy geen ander taal praat nie en jt se net twee woorde dan weet die mense presies waar jy vandaan kom . Se net Tablemountain of Mandela . Daai smile wat jy kry is so goed soos . Now we know you

Eliza-beth ·

Lynette jy is SO reg. Die Oos Kaap en veral die Wilde kus het die lieflikste oop strande. Maar dalk goed so … nou word dit nie oorvolk deur buitelanders en bly dit mooi en ongerep vir ons wat dit waardeer. Nogtans, geluk aan Kaapstad!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.