Goeie nuus: Nuwe garnaalspesie ontdek

Die sterrekyker-garnaal Foto: Universiteit van Kaapstad

Die sterrekyker-garnaal Foto: Universiteit van Kaapstad

ʼn Nuwe garnaalspesie is in Valsbaai in die Wes-Kaap ontdek, het die Universiteit van Kaapstad Vrydag gesê.

“Die ‘sterrekyker-garnaal’ is baie bekend aan duikers, maar die spesie is nog nooit vantevore deur marinebioloë aangeteken voordat die duiker, Guido Zsilavecz, monsters na die universiteit gebring het nie,” het Kemantha Govender, woordvoerder van die universiteit, in ʼn verklaring gesê.

Prof. Karl Wittmann het die bevindinge in die internasionale joernaal, Crustaceana, gepubliseer en die klein garnaaltjie, tussen 10 en 15 mm lank, is na die duiker vernoem, Mysidopsis zsilaveczi. Die garnaal word gewoonlik ʼn “sterrekyker” genoem, aangesien dit blyk of sy oë permanent opwaarts kyk. Die groot “oë” dien egter net as ʼn afskrikmiddel vir roofdiere, aangesien garnale se oë nie ʼn pupil of iris het nie.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.