Goeie nuus: Ollie Viljoen uit hospitaal ontslaan

Lees ook:
Ollie Viljoen oorlede

Ollie Viljoen uit foto-album op Anton Goosen se Facebook-blad

Ollie Viljoen uit foto-album op Anton Goosen se Facebook-blad

Die bekroonde musikant Ollie Viljoen is Vrydag uit die hospitaal ontslaan.

“Die dokter is baie tevrede met sy vordering,” het Ollie se dogter, Enel Viljoen, aan Maroela Media gesê. “Hy moet nou by die huis rustig wees en rus.”

Sy sê Ollie het geskerts hy het nou “genoeg gehad” van die hospitaal.

Viljoen is verlede week in die hospitaal opgeneem weens hartversaking en ander komplikasies. Klik hier om meer te lees.

Die liedjieboer Anton Goosen skryf op sy Facebook-blad oor Viljoen: Ollie Viljoen, my lojale vriend vir omtrent 27 jaar – bo-baas musikant, storieverteller, boeremusiek en jazz-kenner, boerehumor-kenner, tv-regisseur, rsg vastrap- aanbieder en bowenal – ‘n wonderlike mens. Hier is ‘n paar kiekies van oor die jare… Klik hier om die foto-album te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.