Goeie nuus: Ontvoerde seuntjie veilig ná kapingsdrama

Mongezi Phike is Sondagaand opgespoor.

Mongezi Phike is Sondagaand opgespoor.

Mongezi Phike, die vyfjarige seun van Pretoria wat Dinsdagaand verdwyn het toe kapers met sy pa se motor in Bronkhorstspruit weggejaag het, is Sondagaand veilig en ongedeerd gevind.

Kapt. Sarah Mcira, polisiewoordvoerder van die Bronkhorstspruit-polisiestasie, het gesê inwoners in Johannesburg het hom gevind. “Hy het in die strate gedrentel, en die mense het hom na ʼn skuiling in die middestad geneem,” het Mcira gesê. “Dit is in die stadium nie bekend wie die seun na die skuiling geneem het nie. Mongezi is Maandagoggend met sy ouers, wat in Ekangala bly, herenig.”

Maroela Media het verlede week berig Mongezi het saam met sy pa gery toe hulle omstreeks 19:00 by ʼn kruising in Bronkhorstspruit deur vier gewapende mans gekaap is.

Die pa is vasgebind en by ʼn konstruksiewerf naby Delmas uit die voertuig gegooi. Sy ID-dokument, beursie, kredietkaart en selfoon is gesteel. Hy is na ʼn hospitaal in Delmas geneem vir behandeling.

Die kapers het met Mongezi weggery.

Die polisie ondersoek ʼn saak van kaping en ontvoering. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Lees ook:
Belonings vir Gauteng-kapings
Seun (5) steeds vermis ná kaping
Seun (5) word vermis ná pa se kar gekaap is

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AmY ·

Dankie tog vir goeie nuus!!! Ek is baie bly die kind is gevind. Lekker om goeie nuus te lees.

Justi ·

Voorwaar goeie nuus. Die seun se ouers moet op hul kniee gaan en die Here dank dat hul seun ongedeerd gevind is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.