Goeie nuus oor Dag Zero

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Woensdag gesê indien inwoners van Kaapstad voortgaan om water teen die huidige vlakke te verbruik en daar redelike reënval in die stad is, sal Dag Zero nie meer in 2018 plaasvind nie

Maimane het dié aankondiging by ʼn mediakonferensie by die party se hoofkantoor in Kaapstad gemaak.

“Net minder as twee maande gelede was die Stad Kaapstad in ʼn betreurenswaardige situasie. Daar is vir ons gesê dat die watervoorraad naby aan op is en dat krane op 12 April vanjaar sal leegloop as gevolg van die ergste droogte wat die stad nog gesien het in 100 jaar,” het partyleier gesê.

Maimane het gesê hy is baie bly om aan te kondig dat krane oop sal bly in 2018.

Volgens hom is waterverbruik in die stad nou tussen 510 en 520 miljoen liter per dag teenoor sowat 1,2 miljard liter in Februarie 2015.

“Dié 60% vermindering in verbruik is ʼn ongelooflike prestasie en is beter as baie lande wêreldwyd wat al deur droogte in die gesig gestaar is, insluitend Sao Paulo, Melbourne en Kalifornië.”

Maroela Media het vroeër berig organiseerders van die US Woordfees het onlangs gastehuise en hotelle aangemoedig om water te bespaar deur waterlose handwasmiddels te verskaf, emmers in storte te gebruik, en proppe uit baddens te verwyder en die water na baddens af te sny.

Verder is feesgangers gevra om onder meer genoeg klere saam te bring sodat wasgoedwas nie nodig is nie, hulle eie handdoeke na hotelle en gastehuise te vat en dit weer terug huis toe te neem, gebruik te maak van die waterlose toilet-en-handwasopsies by die fees, en om, indien feesgangers van ʼn ander provinsie die fees bywoon, twee 5 ℓ-waterbottels saam te bring om mee gesig te was en tande te borsel.

Die US Woordfees is tans aan die gang en kom op 11 Maart tot ʼn einde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vermeende ·

Uitstekend Mmusi, jy vierdie nou sommer om volgende jaar se verkiesing te wen, maak nou net voorsiening vir volgende keer.

Thys ·

Maimane jy lieg! Hoe kan Kaapstad se lae damvlakke skielik nou genoeg wees, want dit het nie gereen nie. Ek boer en ek weet selfs n 100 mm maak nie eens altyd n plaasdammetjie vol nie. Kaapstad het drie bo normale reënval jare nodig om vlakke te stabiliseer. Maimane jy is besig met verkiesings veldtogte!

bgj van der westhuizen ·

jy kan nou se net wat jy wil maar sal nie my stem kry nie water is baie duur gemaak om die wit mense te melk vir julle slegte beplaning wand daar word net op die ou wit areas in die ou swart areas of town ships word water vermors nog steeds en julle da city of capetown doen niks om dit te beheer nie en da moet nie die prys wil wat vir dit nie die inwoners het moet planne maak en hulp van die city van cape town en da as maar o

Dr. Fritz ·

Ek lees “indien” ons goeie winterreenval kry. Dus as daar voor 31 Augustus goeie reen deurkom is ons okay tot minstens 1 Januarie 2018.

Dit gaan maar oor hoe jy jou bewoording kies in die politiek.

Andre ·

Baie snaak dat `n maand na die nuwe water tariewe ingestel is, dag zero nie meer gaan gebeur nie. Wat gaan hier aan? Dit is duidelik dat Mmusi lieg en die mense in die donker hou, wat kan ons hom verder nie mee vertrou nie? Die mense wat hy moes oor bring DA toe is terug na die ANC en as die ANC en EFF saamsmelt na 2019 beteken Mmusi net mooi niks, net soveel soos wat hy vandag vir die DA beteken.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.