Goeie nuus oor vermiste PE-visserman

Cornelius Johannes van der Westhuizen (59) wat kontak gemaak het met sy vrou ná hy in Maputo, Mosambiek verdwyn het

Cornelius Johannes van der Westhuizen (59) wat kontak gemaak het met sy vrou ná hy in Maputo, Mosambiek verdwyn het

Cornelius Johannes van der Westhuizen (59) wat glo verdwyn het terwyl hy op vissersbote in Maputo gewerk het, het Woensdagaand kontak gemaak met sy vrou.

“Van der Westhuizen het sy vrou, Renee, Woensdagaand gekontak,” het kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, gesê. “Dit is dieselfde dag wat die polisie ʼn kennisgewing uitgereik het oor sy vermiste status.”

Volgens Naidu is Van der Westhuizen glo ongeveer ʼn jaar gelede weg uit Port Elizabeth om op die vissersbote by Emapum-vissery by die Maputo-hawe in Mosambiek te gaan werk.

Die visserman het glo op 30 November verlede jaar laas kontak gemaak met sy vrou.

Renee, Cornelius se vrou, het Woensdag aan Maroela Media gesê haar man is in November 2014 Mosambiek toe om vir Emapum Visserye te gaan werk. Op 18 November 2015 het sy jaar lange kontrak verstryk. “Hy het my in daardie tyd gebel en gesê hy sal tot die einde van die maand in Mosambiek moet bly, omdat hy wag vir sy laaste salaris om uit te betaal,” het sy gesê. “Daarna het ek nooit weer van hom gehoor nie.” Klik hier om meer te lees.

Renee het aan ANA gesê sy mag nie oor die saak te praat nie en mag slegs bevestig dat haar man veilig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

sannie groenewald ·

Miskien n nuwe lewe saam met iemand anders begin?

Riekie ·

Eerste ding wat deur my gedagtes gegaan het. Hierdie man het n nuwe lewe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.