Goeie nuus: Oos-Rand-polisie vang vier kapers

Argieffoto Foto: SAPS, Facebook

Argieffoto Foto: SAPS, Facebook

Die Ekurhuleni-metropolisie het Donderdag gesê vier vermeende kapers is in Tembisa aan die Oos-Rand in hegtenis geneem.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder, het gesê ʼn rooi Nissan Hilux is binne ʼn uur teruggekry nadat vier gewapende mans die bestuurder Woensdagoggend gekaap het.

“Die slagoffer is in Emoyeni gekaap en ook beroof van agt kartonne sigarette en kontant,” het Kgasago gesê.

Die polisie het die kapers kort daarna in Tembisa opgespoor en in hegtenis geneem.

Die vier mans, tussen 30 en 38 jaar oud, staan tereg op aanklagte van kaping en roof en moet binnekort in die Tembisa-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Deleen ·

Die geweld en korrupsie is ons land is buite beheer!! Ek sien absoluut geen toekoms vir hierdie land meer want alles gaan met met ‘n helse spoed ten gronde.

ladybug ·

Wel gedaan SAPS, julle doen goeie werk, doen so voort en dan sal dinge regkom! God met ons!

CHRISTA ·

Ek hoop net hulle gaan nie weer ontsnap nie of dat die hofdokumente gaan wegraak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.