Goeie nuus: Pa red wonderbaarlik sy eie kind uit puttoilet

Argieffoto

Argieffoto

Inwoners van Tseseng naby Phuthaditjhaba in die Vrystaat het die mure van ʼn puttoilet afgebreek om ʼn pasgebore baba se lewe te red.

“ʼn Jong man het Dinsdag omstreeks 07:00 ʼn baba in die toilet hoor huil en sy bure geroep om hom te help om die kind te red,” het sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. Min het die man geweet dit was sy eie baba.

Volgens Mophiring het die man nie geweet sy vrou, in haar 30’s, is swanger met hul vierde kind nie. Toe sy wou kraam, het sy sonder enigiemand se medewete na die puttoilet gegaan en die baba net daar gelos. Haar man was glo vir ongeveer ʼn uur weg van die huis af terwyl sy vrou gekraam het.

Lede van die gemeenskap het die man gehelp om die mure van die puttoilet af te breek, maar niemand wou die baba uit die gemors tel nie. Hy het self dapper die baba se lewe gered.

Dit het aan die lig gekom dat dit die man se eie kind is, toe die ambulans en polisie by die toneel opgedaag het.

“Die vrou is in hegtenis geneem en is onder polisiebewaking na ʼn plaaslike hospitaal geneem,” het Mophiring bygevoeg. “Die baba is ook in die hospitaal en word versorg.”

Die vrou sal binnekort in die Tseseng-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

emile ·

Moord voor geboorte is wettig, moord na geboorte is strafbaar. Eisch.

Ai tog ·

Die vrou het ‘n wonderlike swangerskap gehad dat haar eie man dit nie eers agter kom vir die hele nege maande. Baie dapper man God het ‘n doel met elkeen van ons se lewe en dit was nie in God se plan dat daai babatjie nou al moes sterwe nie. Dankie Jesus

boer ·

Hi Zahn, ek is nie seker wat jy bedoel met “kom ons wees gou rassisties” nie. Mense wat Maroelamedia lees, is nie rassisties nie. Waarom sal enigiemand jou wil stenig as jy dink die man het goed gedoen deur ‘n kind te red?

Sune van Heerden ·

Dagsê boer

Ons het die persoon se kommentaar verwyder.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Rikku ·

Dankie tog die Pa kon die Baba red, maar nou is die Mamma Knie Diep in die Bollie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.