Goeie nuus: Poskantoorstaking is verby

Argieffoto

Argieffoto

Die staking van deeltydse werkers by die Poskantoor het tot ʼn einde gekom en bedrywighede in Pretoria en Ekurhuleni het reeds hervat.

Mlu Mathonsi, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Poskantoor, het in ʼn verklaring gesê hulle het reeds vordering begin maak nadat 403 deeltydse werkers onlangs ná ʼn onwettige staking die trekpas gegee is.

“Die minister van posdienste en telekommunikasie sowel as vakbonde het ʼn groot rol gespeel om die staking tot ʼn einde te bring,” het Mathonsi gesê.

Hy het gesê nie-stakende werkers wat weens geweld en intimidasie nie vir werk opgedaag het nie, het intussen ook teruggekeer werk toe. “Vrywilligers het oor die naweek begin om pos te sorteer. Mense behoort binne die volgende paar dae pos in hulle posbusse te sien.”

Mathonsi sê daar kan egter verdere vertragings in die Oos-Rand verwag word, aangesien die toerusting wat vir die sortering van pos gebruik word, erg beskadig is tydens die staking en eers herstel moet word.

Maroela Media het vroeër berig tydelike werkers het op 19 Augustus met ʼn onbeskermde staking begin en voorvalle van intimidasie en geweld is teen nie-stakende werkers aangemeld. Die tydelike werkers het glo gestaak om steun te werf vir die erkenning van ʼn nuwe vakbond wat hulle gestig het. Die werkers het ook daarop aangedring om permanent aangestel te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Elizabeth ·

Dankie tog ek gebruik NOOIT meer die poskantoor se “dienste” nie. Al ons rekeninge kom per epos en as ek iets wil stuur soos ‘n pakkie betaal ek liefs meer en gebruik ‘n koerier. Ten minste weet ek dit kom by die bestemming. Meer en meer mense gaan dit doen en dan sal al hierdie lui stakendes maar heeltemal sonder werk sit!

Paplepel ·

Poskantoor werkers gestaak? Het dit nie agtergekom in die diens nie.

Theresa ·

Ek stem Elizabeth. Dit werk awesome. Poskantoor gaan heeltemal verdwyn.

Ina Smith ·

Gaan kyk bietjie op Krugersdorp nuusblad hoe van die werkers SAPO eiendom en pos vandaliseer en vernietig ,, die staking mag veby wees maar dit beteken niks absoluut niks ,,

Nina ·

Paplepel en Theresa; weet julle hoeveel mense werk nog vir die Poskantoor? BLANKES? Ai. :(

Elizabeth ·

@Nina, ja dis jammer onskuldiges moet ly onder ander se sotlikhede. Ek moet egter sê my man was in sy aat 40’s en het sy werk verloor (die maatskappy het toegemaak) en moes self ‘n besigheid begin met ‘n kind wat pas universiteit begin het – dit was nag! Maar soms dink ek ander se sotlikhede het ons dalk ‘n guns gedoen. Ons moes vinnig leer hoe ‘n besigheid werk, ons het nie geldelike hulp gehad maar met genade het ons dit reggekry en het ons geleer om alles self te doen. Mens dink mens kan nie en soms KAN mens beter as wat mens dink!

Pieter van der Dussen Senior ·

Elizabeth, jy is iemand na my hart! Vir jou man en jou geld Jan F E Celliers se gedig Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan! My eie kinders en duisende ander mense volg julle padd. Om uit die nagevolge van die Engelse Oorlog en later die Depressie van die jare-dertig te kom, was die Afrikaner saam met talle Engelse sterk afhanklik van die owerheidsektor. Dit het ‘n gevoel van sekerheid en voorspoed laat ontstaan wat in die jare-sestig tot ongekende voorspoed vir alle inwoners van die land gelei het. Tot die seepbel in die jare-tagtig laat bars is deur verleiers wat met bangmaakstories gekom het dat oorgawe die enigste pad tot behoud van die voorspoed en van die lewe is.Na die stille Kommunistiese rewolusie van 1994 het al hoe meer witmense ervaar dat hulle voorspoed En hulle lewens hulle ontneem word. Skielik het die sekerheid van serk in die openbare sektor soos mis voor die oggendson verdwyn. Maar instede van te toyi-toyi het witmense van alle tale hulle eie potjie begin krap, wankelrige pensioenfondse groetend toegewuif en selfstandig geword.Dit begin waar word wat ‘n Switserse immigrant-sakeman in 1969 gese het: Mense wat gebeurtenisse soos die Groot Trek kon regkry en na drie jaar stryd teen die magtige empire nie oorwonne was nie maar opgestaan en die land so sterk ontwikkel het, kan nie anders as van die beste ondernemers in die wereld wees nie. Vandag se witmense bewys dat dit waar is. En hulle maak vir dioe toekoms voorsiening deur private onderwys tuis en in skole wat soos paddastoele opskiet waar gehalteonderrig en -opleiding goeie weerkkragte vorentoe verseker. Soos hulle vadere vertrou het, so leer hulle om op die HERE te vertrou en in geloof opnuut te bou. Totius se beskrywing van die besembos leef in hulle: Doodkry is min!

Elizabeth ·

@Pieter van der Dussen Senior – Jy is SO reg. My man het nie eers geweet hoe om ‘n faktuur te skryf nie, dit is net een van die dinge wat jy nie weet as jy dit nog nooit hoef te gedoen het nie! Klink dalk simpel vir sommiges maar dit is regtig die waarheid! En ek stem, ons moet net ophou lui/bang wees en ons ding doen wan tons KAN. Soms dink ek die anc het ons ‘n guns bewys met hul nonsens want nou moet ons weer self dink, entrepreneurs wees en die werk doen. Ek probeer ook altyd vir jongmense sê die eenvoudigste werk is belangrik, moenie bang wees om onder te begin nie en eerlike werk bring resultate al is dit nie dadelik nie. Geen werk is onbelangrik nie, daar moet skoonmakers wees, mense wat geboue op pas, daar moet mense wees wat deurwagte is, almal kan nie maatskappy eienaars wees of direkteure nie, elke werk is belangrik en moet met trots en eerbaarheid verrig word! Ons moet weer TROTS wees en opstaan want ons kan. En ja, mens moet vertrou op die Hoër Hand want die wiel draai al is dit dalk stadig, maar as jy nou onder is SAL jy weer bo kom. Dankie vir jou kommnetaar, hopelik sal mense uit ons kommentaar iets positiefs en aanmoedigends kry!

Rina ·

Ek bly op Naboomspruit, het Vrydag pakkies ingegee by die poskantoor na 2 van my kliënte wat reeds vir hulle goedere betaal het, maar dit is steeds by die poskantoor op Naboomspruit. Ek het vanmiddag geskakel en hulle sê net die werkers staak en ek kan ook nie my pakkies terug kry nie. Dit is n absolute skande dat dit die diens is waarvoor ons betaal en ons moet maar wag tot hulle besluit wanneer hulle weer diens hervat. Hulle leuse van “we deliver whatever it takes” is n siek grap

surita ·

Wil net graag weet hoe lank nog voor ons weer pakkies sal kan pos!Is al meer as n maand wat ons wag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.