Goeie nuus: Projek vir behoeftige graadeens skop op hoë noot af

Personeel van Solidariteit Helpende Hand in hul skoolklere. Foto: Verskaf.

Personeel van Solidariteit Helpende Hand in hul skoolklere. Foto: Verskaf.

Solidariteit Helpende Hand het Vrydag hul jaarlikse Skooltassieprojek vir 2015 van stapel gestuur en met die hulp van GrootFM-luisteraars 530 skooltasse, ter waarde van R106 000, ingesamel.

Mariné Jacobs, ʼn woordvoerder vir Helpende Hand, het Vrydag op navraag aan Maroela Media gesê dit is ʼn  reuseskenking van die publiek af en het almal wat ʼn bydrae gemaak het namens Helpende Hand bedank.

“Helpende Hand se personeel het saam aan die pret deelgeneem deur almal terug te dink aan ons eerste skooldag en weer soos skoolkinders aan te trek,” het Jacobs gesê. “Deur hierdie veldtog wil ons graag hê dat almal moet onthou dat alle kinders nie so bevoorreg is om ʼn gelukkige eerste skooldag te hê nie, en daarom wil ons uitreik na daardie kinders en seker maak dat hulle hul skoolloopbaan op ʼn gelyke voet met hul klasmaats begin.”

Helpende Hand het vir die 2014-skooljaar 4 600 skooltassies aan behoeftige graadeens regoor die land uitgedeel en die organisasie hoop om vir 2015 meer as 5 000 skooltassies te kan uitdeel. Sedert die projek se ontstaan in 2007, het Helpende Hand al meer as 21 000 skooltassies uitgedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anne ·

Ag Solidariteit, doen eerder ook iets vir ons boere wat so vermoor word op ‘n daaglikse basis!!

Nina ·

Genade! Solidariteit doen beslis MEER AS hul deel vir die blankes. Waar val jy uit? Wat verwag jy van hulle? Wat presies moet hulle doen?

Anne ·

Ontken beslis ook nie dat hulle die blankes help nie, maar om telkens te moet hoor jammer ons kan nie help nie, skep die indruk dat net sekeres gehelp word

HEVW ·

Baie geluk en groot sukses en kindervreugde word jul toegewens. Het die mans kortbroeke en lang sokkies aangetrek?

Lindie Lourens ·

Ons plaasskole in die Robertson- en Bonnievale-areas sou ook graag in hierdie vreugdes wou deel, maar word telkens met ‘n “jammer ons kan nie help nie” geantwoord.

Nina ·

Sekerlik kan jul tussen almal daar jul eie insameling hou deur die skole, soos wat maar in die dorpe ook gedoen word? Ons skool stuur briefies uit wat vra vir hulp vir die kindertjies wat swaarkry, en so gee die wat kan hul deel? Dit werk elke jaar baie goed en so word die kinders met die nodige voorsien.

Lindie Lourens ·

Ja Nina! So het ek vir 12 jaar as opvoeder van die graad 1-klas dit maar self gedoen. Sonder enige hulp, want die werkgewers in ons omgewing is al voos gegee en gegee, omdat die onderwysdepartement se hand styftoe is vir ons plaasskole. Ek weet… ek was daar.
Ons het egter oorgenoeg vir gebruik in die skole, hang net af wie met die geld werk. Party skole het niks, omdat die geld ” wegraak”.

Lindie Lourens ·

O ja, wat beteken Helpende Hand dan as hul nie kan HELP wanneer ek hulp vra nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.