Goeie nuus: PTA-tiener veilig terug

Abigayle Schoonraad Foto: Facebook

Abigayle Schoonraad Foto: Facebook

Foto’s van die toneel waar sy gevind is volg onderaan die berig. Abigayle Schoonraad, ʼn 17-jarige skolier aan Hoërskool Overkruin in Pretoria wat Woensdagmiddag ná skool ontvoer is, is veilig terug by die huis.

Gunther Schoonraad, Abigayle se pa, het Saterdag aan Maroela Media bevestig die twee is omstreeks 01:00 in Elarduspark, in die ooste van Pretoria, opgespoor. Lede van die plaaslike Lyttelton-gemeenskapspolisiëringsforum het die verdagte Renault Scenic opgemerk en dit aangemeld. Die twee het glo in die motor geslaap.

Die polisie, lede van die gemeenskapspolisiëringsforum en Abby se ma was op die toneel.

Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem en hy sal van motordiefstal en ontvoering aangekla word.

Volgens Gunther het Abby bevestig sy wou nie saam met die jong man ry nie. Maroela Media het Donderdag berig Abigayle is voor die skool vermoedelik deur ʼn 20-jarige man ontvoer. Hy het glo lank probeer om haar te oorreed om saam met hom te ry.

Gunther sê Abby en die jong man was nog nooit in ʼn verhouding nie, maar hulle ken mekaar al jare lank omdat hy vriende is met haar broer. “Hy het haar glo gedreig en, omdat die polisie hom al vroeër as ʼn informant vir dwelmhandel gebruik het, kon hy haar oorreed dat die polisie niks aan hom sal doen nie,” het Gunther aan Maroela Media gesê. “Sy was baie bang vir hom.”

Abigayle Schoonraad Foto: Facebook

Abigayle Schoonraad Foto: Facebook

Abigayle en die jong man het glo ʼn paar maande lank nie kontak gehad nie, totdat hy haar Woensdag laat weet het hy is buite die skool.

Gunther het ook gesê Abby kon die verdagte skop en slaan en hy het haar nie liggaamlik leed aangedoen nie.

Hy bedank die gemeenskap vir almal se hulp om sy dogter op te spoor. “Sê asseblief vir almal dankie,” het Gunther gesê.

Maroela Media wag vir terugvoer van die polisie.

Lees ook:
Hulp gevra om PTA-tiener op te spoor
Tiener glo by PTA-hoërskool ontvoer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ronel Prinsloo ·

Ek as familie is verlig dat Abby veilig terug is. Dit was ‘n spanningsvolle tyd vir almal. Haar pa en ander het tot op die uiterste gegaan om haar op te spoor. Dankie aan die Gemeenskapspolisieringsforum wat die hele tyd gesoek het en nie opgehou het tot sy gekry is nie. Dankie aan ons wonderlike Hemelse Vader wat haar veilig gehou het en veilig aan haar mense terug gegee het. Ronel Prinsloo.

Annetjie Grobler ·

Wat het van die ou en die meisie geword? Dis nou doodstil, laat mens wonder

Joey ·

Volgens die berig is hulle slapend in die motor gevind – hulle noem egter nie dat die meisie vasgebind was nie . Hoop nie sy was vrywillig saam met hom nie want dit sal seker vir haar ouers baie teleurstellend wees. Dit is net vir my verstommend dat sy nie kon ontsnap nie – ek meen dit is ook nou nie dat die voertuig versteek was nie. Ek wonder maar net…….ek is egter dankbaar saam met die ouers dat hul meisiekind veilig terug is. Ek kan my indink deur watter hel moes hulle gaan.

Marlene ·

Ek glo nie die storie nie. Sy en die sogenaamde ontvoerder is kop in een mis. Bly sy is veilig maar ek dink sy kort n goeie pak slae.

Madalein ·

Ons was op die toneel gewees want dit was Ons kind se kar. Daar Word nie genoem dat beide insittendes was vrot van die dwelms nie. Dit het die polisie amper twintig minute geneem om hulle wakker te kry. Die kar is verwoes. Binne het dit gelyk en geruik soos varkhok. Bottel Jack Daniels en Jagermeister leeggedrink. Alles wat moontlik monitere waarde gehad het is (ek neem aan) verkoop. Kom Ons hoop die dockets raak nie weg nie, want hy se mos hy werk vir die polisie.
Baie dankie aan die gemeenskaps polisiering en die polisie. Ek het weer moed gekry. Die polisielede was professioneel en baie deeglik. Die vrywilligers wat hierdie ongelooflike werk doen, julle is inspirasie.
Just to thé comment with regards to tracing thé numberplate via sanral _ he took the backplate off for apparantly the tollgate to the north reads the backplate. They were spotted in pietersburg during the three data.

Sollie ·

@AmY – jip die rot vrot erg…Veral as mens Madalein se kommentaar lees!

EMK ·

“Gunther het ook gesê Abby kon die verdagte skop en slaan en hy het haar nie leed aangedoen nie” – dan is dit mos nie ontvoering nie? Ek verstaan nie die storie so lekker, as sy hom kon skop en slaan kon sy mos wegkom ook? “Something does not gel…”

Belinda ·

Jip ek stem saam ek ruik ook n rot dankie aan die wakker mense wat hulle juis opgespoor het maar nou sal mens ook nie hoor as sy verkeerd was nie…………………….want regtig as ek ontvoer was sou ek ook ontsnap as ek kon…………………maar ja jammer oor die skade aan die kar stuur maar die rekening aan die jonge dame en seun se ouers!

Annetjie Grobler ·

Wat het van die ou en die meisie geword? Dis nou doodstil, laat mens wonder

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.