Goeie nuus: R100 000 bewillig vir boere se kinders

Argieffoto

Argieffoto

Te midde van die erge droogte waaronder Suid-Afrika tans gebuk gaan en die landbousektor wat veral swaar trek, het Solidariteit Helpende Hand vandeesweek besluit om boere se kinders by te staan in dié moeilike tyd.

Die organisasie het R100 000 bewillig vir die tersiêre studies van boere se kinders. Die organisasie het Woensdag in ʼn verklaring gesê die droogte is die ergste wat die land in die afgelope 55 jaar ervaar het en hulp van die staat lyk onwaarskynlik ná uitsprake van die regering.

“Nomvula Mokonyane, die minister van water en sanitasie, het gesê sy wil geen droogtehulp aan boere gee nie en hulle moet maar leer aanpas. Helpende Hand het daarom besluit om die  Rampgebied Studiefonds wat tydens die Platinumstaking van 2014 gestig is, hiervoor aan te wend en het R100 000 vir hierdie doel bewillig,” het die organisasie gesê.

“Boere is vrygewige mense,” het dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, gesê. “Met die stakings in Rustenburg was die boere die eerste ouens wat ingespring het en gehelp het. Dis nou ons beurt om hulle weer te help deur geld in die Rampgebied Studiefonds te stort.” Brink het verder gesê die nood onder boere neem kommerwekkende afmetings aan.

[su_spoiler title=”Klik hier vir verdere inligting en om by te dra. “]Helpende Hand het die publiek aangemoedig om tot die fonds by te dra deur “boer” na 38969 te SMS en sodoende R10 tot die fonds te skenk. ʼn Direkte betaling kan ook in Helpende Hand se rekening gemaak word. Boere wat wil aansoek doen vir hulp uit die Studiefonds kan vir Yolande Theron by yolande@helpendehand.co.za of 012 664 4428 kontak.[/su_spoiler]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

alida ·

Sonder julle kan ons nie klaarkom nie. BAIE BAIE dankie. Mense sluit aan by hierdie organisasie. Hulle verrig wonderlike werk. ASB doen dit dadelik.

Louw ·

Weereens n minister wat belaglike stellings maak oor sy nie bevoeg is om oor enige onderwerp sinvol te kan praat nie. Boere kan aanpas in baie omstandighede maar droogte is n heel ander situasie.

Paul ·

Wat gee die minister die reg om geld by my te vat en dit dan vir boere te gee? Droogte of nie, dis verkeerd. Liefdadigheid is ‘n heel ander ding. As ek vrywillig vir Helpende Hand geld gee om boere te help, is dit doodreg.

En boere behoort tog bewus te wees daarvan dat daar droogtes kan kom, asook die feit dat daar eintlik meer as 20 jaar laas ‘n groot droogte in Suid-Afrika was.
Moeilikheid is, talle boere sit nie genoeg geld weg in die goeie jare om gereed te wees vir ‘n swak jaar nie. Natuurlik nie almal nie – die boere wat op die lang duur suksesvol is, is diegene wat in die goeie jare nie uitgaan en blink bakkies koop en groot huise bou nie, maar wat hul goeie winste slim belê en dan in tye van droogte dit kan weerstaan.

Illa ·

Haai nee – regtig Paul? So dis boere wat swaarkry se eie skuld? Hulle maak duisende, der duisende rande se wins elke jaar?
Joe, ek het lanklaas so eensydige opinie gehoor komende van ‘n nie-regeringsverteenwoordiger.
Ek gaan nie eers jou bog met ‘n verdediging regverdig nie, maar sal wel sê: Jy weet nie waarvan jy praat nie.

Paul ·

Illa, jy sit woorde in my mond. Lees maar weer. Ek het nooit gesê dat boere (alle boere?) derduidende rande wins maak elke jaar nie. Dis tog ooglopend so dat dit nie die geval is dat alle boere jaar op jaar goeie winste maak nie.

Dit verander niks aan die punt dat alle boere behoort te weet dat boerdery van weerstoestande afhang en dat hulle dus, wanneer daar goeie jare is, genoeg geld moet wegsit om te kan oorleef in die swaar jare.

Dis die boer se eie verantwoordelikheid. Daardie verantwoordelikheid kan nie sommer na belastingbetalers geskuif word net omdat dit gerieflik is nie.

En ja, dis natuurlik ‘n menslike tragedie as sekere boere in droogtetye hul plase verloor, veral as dit boere is wat glad nie spandabelrig was in goeie tye nie, maar steeds nie genoeg kon spaar nie. Dis ook hoekom ek vrywillig geld vir Helpende Hand skenk. Maar om te sê dat die regering my geld moet vat om dit vir boere wat sukkel te gee, is verkeerd.

alida ·

Sy sal ‘n ander deuntjie sing as haar eie mense begin doodgaan soos vlieë van die vrot besoedelde water omdat hulle nie die bronne in stand gehou het nie. Vrot water is soos gif veral in die plakkerskampe. Die goed luister mos nie en van beplanning weet hulle nog minder.

Boer van vêr ·

Baie dankie hiervoor Helpende Hand maar ek is bevrees R100k gaan nie veel help nie. Hoeveel kinders kan gehelp word met tersiêre studie hulp met so ń klein bedrag geld?

Paul ·

Helpende Hand se geld kom alles van skenkings van gewone mense af. Hoe meer geld gewone mense soos jy aan Helpende Hand skenk, hoe meer geld kan Helpende Hand in hul verskillende beursfondse administreer om die R100 000 meer te maak.

anet ·

Baie dankie aan Solidariteit dat julle omgee en die lewe van ons boere se bietjie makliker maak, en vreugde skep aan die boere wat swaar trek.

Soo gesê ·

Paul, moenie worry! Die klomp sal nie jou geld vat hom hongersnoot te voorkom en hulp aan die boere te verleen nie, hulle sal vir die prezzie ‘n paar miljard rand se boeing eerder koop. Problem solved ne?

Paul ·

Dit wat jy met gesteelde geld doen, maak nie die feit dat dit gesteelde geld is skielik reg nie.

Christie Joubert ·

So, die Boere moet maar leer aanpas. Ek wonder wat haar kinders gaan sê as daar nie kos is nie, en hulle moet maar “leer aanpas”

Mulller ·

So die regering wil nie ‘n sent bydrae in hierdie verskriklike droogte wat ons land nou so teister nie, rerig?? Waar dink hulle kom ons kos vandaan? Hulle pap en vleis, groente melk, hoenders ens ens, dink hulle jy gaan net winkel toe en alles is daar. Dit word geplant, geoes, gevoer en vereis geld en dienste en harde werk, daar sonder my ou wonderlike regering sal julle vrek van die honger! Rerig hoe dom onnosel kan julle wees???

charmaine ·

die onbevoegde persoon maak die stelling omdat sy onder n wanindruk verkeer en dink dis net wit boere so tipiese rassistiese opmerking. Gisteraand op die nuus was daar n swart boer van NW wat se diere alreeds vermaer en vrek van hitte.

SkarrelKind ·

Alida, jou kommentaar verbaas my ook, regtig waar. Jy kla Afrikaners kan nie saamstaan nie en dan in dieselfde asem skel jy op Boer van Ver – en dit net oor hy ‘n opinie gelug het. R100 000 is regtig groothartig, maar min. Dit het niks met ondankbaar te doen nie maar met realiteit. Dalk weet jy nie wat tersiëre onderrig kos nie – waarom jy so neerhalende opinie kan hê?

Paul ·

So dis ‘n verrassing dat droogtes elke paar jaar gebeur?

As ek ‘n besigheid bedryf en geen versekering uitneem op my winkel nie en dit spoel weg in ‘n vloed, moet die regering (belastingbetalers) my dan vergoed vir die verlies?

Soos ek voorheen gesê het – natuurlik is dit goed om ‘n medemens wat in die moeilikheid is te help. Maar nes ek nie nou, omdat ek die boere jammer kry, kan gaan en geld by jou steel om dit vir die boere te gee nie, kan die regering ook nie belastinggeld vat by een ou en dit vir iemand anders gee nie. Dis ewe verkeerd.
Wat reg is, en wat skenkers aan Helpende Hand doen, is om vrywillig geld te gee sodat dit in gemeenskapsverband vir hulpverlening aangebied kan word.

alida ·

Onthou net Solidariteit is net afhanklik van skenkings. Tenminste probeer hulle – en agter alles dit is nie al wat Solidariteit doen nie. Hulle gee beurse vir arm blanke kinders wat die regering nie doen nie. Die regering sal NIKS gee om die nood te verlig nie. Dus doen ek ‘n beroep steun Solidariteit.

pop ·

Paul jy gaan geen onderstreuning kry van die lesers hier nie. Ek stem nietemin met jou saam. My mense is ook boere, en hulle weet dat jy in die vet jare wegsit sodat jy altyd 7 maer jare kan dra. Huise is daar om in te woon en voertuie om werk te verrig, dit was nog nooit status simbole nie. Hoe se my oupa, Die manne boer op die dorp, en nie op die plaas nie. “Get ready, get set, gooi maar die klippe”Ek kan dit vat. En tussen hakies, ek dra elke maand by tot solidariteit

Izzy ·

Ons is afhanklik van die boere….of die minister of wie ook al dit wil weet, of nie. Sonder hulle is daar nie genoeg kos in die land nie. So, as hulle opbou boer/produseer (vir watter rede ookal bv. droogte of hulle word uitgemoor ens) dan is dit OF kos invoer van ander lande teen belaglike pryse (ja, selfs duurder as huidiglik) of doodgaan van die honger. Dankie vir Solidariteit wat die boere bystaan in hierdie moeilike tyd….ja, dis min….maar min is beter is NIKS.

Pieter van der Dussen Senior ·

Dit is optredes soos hierdie wat ons oues van dae se harte verbly en moed laat skep. Verskaf asseblief ‘n bankrekeningnommer waarin groter skenkings gemaak kan word. Ek het nie baie nie, maar daar is sekerlik meer mense as ek wat R50 of R100 of selfs meer kan en wil bydra. Nie dat die tienrandskema nie moet voortgaan nie, maar gee ook geleentheid vir die meerranders…. Sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.