Goeie nuus: Radio Pretoria kry lisensies vir agt senderstasies

Nadine-kuier-by-Radio-Pretoria

Die sangeres, Nadine, het onlangs by Radio Pretoria gekuier. Foto: Radio Pretoria se Facebookblad.

Radio Pretoria het gister ʼn slag geslaan vir gemeenskapradiostasies en Afrikaans.

Na ʼn 17-maande lange stryd wat bestaan het uit onderhandelinge, nuwe lisensie-aansoeke, mooipraat en harde werk, het die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid (Icasa) Radio Pretoria Dinsdag in kennis gestel dat gemeenskapsuitsaailisensies vir die agtste sender van Radio Pretoria in Limpopo, Noordwes, Mpumalanga en die noorde van KwaZulu-Natal toegeken is.

Die senders is as Radio Wolkberg, Radio Ysterberg, Radio Naboom, Radio Kransberg, Radio Dagbreek, Radio Tafelkop, Radio Magaliesberg en Radio Drakensberg gelisensieer.

Volgens Willie Spies, besturende direkteur van Radio Pretoria, sal die nuwe gelisensieerde senders funksioneer as dogter-stasies van Radio Pretoria. Elke dogterstasie sal sy eie direksie uit die betrokke gemeenskap aanwys.

Radio Pretoria sal die radiostasies help om hul eie plaaslike inhoud te vervaardig terwyl Radio Pretoria ook, binne die riglyne van die uitsaai-owerhede, steeds die kernprograminhoud aan die dogterstasies sal lewer. Radio Pretoria sal nou ook broodnodige beleggings kan maak om die uitsaai-toerusting by elke stasie op te gradeer na ʼn hoëgehalte, ononderbroke, vol-stereo klank.

“Ons kan net dankie sê aan ons luisteraars wat ons geduldig ondersteun het en ook in die tye van onsekerheid by ons gestaan het. Ons dank ons Hemelse Vader wat vir ons die onmoontlike bly moontlik maak en Radio Pretoria gelei het tot nuwe hoogtes,” het Spies gesê.

Volgens Spies is dit Radio Pretoria se visie om die nommer een gemeenskapsradio vir die Afrikanergemeenskap oor die hele land te wees. “Hierdie deurbraak is vir ons ʼn belangrike mylpaal op die pad na daardie visie,” het hy verder gesê.

Lees ook Willie Spies se rubriek oor Radio Pretoria se geskiedenis van struggle radio na toekomsradio hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

MARTIN ·

Die Vrystaat kan dan eers Rugby speel nie. Hoe kan hulle na Radio Pretoria luister?

Dewald ·

Hmm… die groter plan val nou mooi in plek – CNN, Netwerk24, Solidariteit, Radio Pretoria – die meesters en die marionette…

JOHANNES ·

Dewald eintlik is jy reg kyk hoe het Radioafgelope twee jaar verander.Net om OKASA tevrede te stel om die lisensies te kry.Amper om jou siel te verkoop.

JOHANNES ·

Die vraag deur Vrystaters kan met reg gevra word.Roodepoort aan die weste kant van Johannesburg en Alberton en die suide van Johannesburg se opvangs is ook pateties.

Asjas ·

Persoonlik was Radio Pretoria te “oud” na my smaak. My man luister graag na Radio Pretoria en ek het onlangs agter gekom dat hulle verander het. Ek het gedink dit is om die jonger geslag of mense soos ek wat hou van op en wakker musiek en min praat te trek …
Solank daar ‘n stasie vir Afrikaans-sprekende mense is en ons nuus en Godsdiens in Afrikaans kan hoor is ek baie bly vir hulle.

Peet Schabort ·

Maar die”Baby-baby”-liedjies is dodelik. Klink amper soos: “Ek het jou lief; my hartedief; my boeliebief” wat dan oor en oor herhaal word om die tyd om te kry. Gelukkig is daar nog mense soos Heinrich Marnitz. Nou wil ek kommentaar hieroor hoor!?

zahn ·

Hallo Peet, jip, hierdie ge baby baby laat my voel of ek ‘n baby wil kry. Ek kan ook nie verstaan hoekom hulle dan wysbeen soos ‘n driebeenpot moet staan en sing nie…Gelukkig word dit nie op ons afgedwing nie.

dries ·

Geluk Radio Pretoria, het vakansie gehou in die berge en kon radio Pretoria met sataliet opvangs luister. Radio RSG het nie eers n suis geluit gemaak nie. Wonderlik hoe so n stasie bo uitgekom het. Wat is fout met RSG gewoontlik die mees gevorderde stasie.

Lynni ·

Bly asb. uit die Kaap uit. Ons het vir Bok en vir Smile FM.

maraai ·

Ek ken nou nie radio Pretoria so goed nie, maar dit sal darm maar lekker wees as ek hier in Roodepoort my radio in die oggend kan aansit en luister na goeie musiek wat nie oor en oor herhaal word deur AL die ander radiostasies in my opvangsgebied nie. Dis vir my lekker om in ‘n ander kontrei te kom en dadelik die karradio aan te sit opsoek na ‘n goeie, vars radiostasie.

maraai ·

Kry mens dalk ‘n booster antenna sodat ek in Roodepoort ook goeie radiostasies kan opvang?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.