Goeie nuus: SA komediant nuwe aanbieder van gewilde VSA-geselsprogram

Trevor Noah. Foto: Facebook

Trevor Noah. Foto: Facebook

Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah is as die nuwe aanbieder van die gewilde Amerikaanse geselsprogram The Daily Show aangewys.

Die geselsprogram het in ’n verklaring op sy webwerf die nuus bekend gemaak. Noah vervang John Stewart wat die program vir 16 jaar aangebied het.

Noah het in 2012 sy debuut op Amerikaanse televisie gemaak met ’n verskyning op Jay Leno se The Tonight Show en het ook al op David Letterman se Late Show verskyn. Daarby het hy al verskeie televisieprogramme aangebied waaronder sy eie laataand-geselsprogram Tonight with Trevor Noah.

Noah was in Oktober op die voorblad van die Suid-Afrikaanse GQ en daar het ook al artikels oor hom in Rolling Stone, Newsweek en The Wall Street Journal verskyn.

Van die plekke waar hy opgetree het sluit in die Hammersmith Apollo in Londen en die Sydney-operahuis in Australië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.