Goeie nuus: SA oorleef eerste keer kwarteindstryd in wêreldbekerkrieket

Imran Tahir is as die speler van die wedstryd aangewys.Foto: @OfficialCSA op Twitter.

Imran Tahir is as die speler van die wedstryd aangewys.Foto: @OfficialCSA op Twitter.

Die Proteas het vanoggend geskiedenis gemaak toe die span vir die eerste keer ooit daarin geslaag het om ʼn kwarteindstryd in ʼn krieketwêreldbekertoernooi te wen.

Die Proteas het dit boonop in styl gedoen deur Sri Lanka met nege paaltjies af te slag.
Sri Lanka het die loot gewen en besluit om eerste te kolf op die SCG in Sydney. Dit was gou duidelik dat dit ʼn fout was toe Suid-Afrika se snelaanval gou die toporde geskud het. Die eerste paaltjie het getuimel toe die telling net drie was en die tweede ’n lopie later.

Danksy Kumar Sangakkara se geduldige 45 lopies en Lahiru Thirimanne se 41lopies kon Sri Lanka uiteindelik 133 lopies bymekaar skraap. Alle oë was op Sangakkara nadat hy die eerste speler geword het wat vier agtereenvolgende honderdtalle op ʼn wêreldbekertoernooi kon moker.

Sri Lanka se kolfineenstorting is behoorlik ingelui toe JP Duminy ʼn driekuns behaal het. Imran Tahir, wat vier paaltjies platgetrek het, is egter as die man van die wedstryd aangewys.

Paaltjiewagter, Quinton de Kock, het Suid-Afrika ʼn groot beurt geskuld nadat hy tot dusver in die toernooi met die kolf gesukkel het. Hy het 78 onoorwonne lopies aangeteken en in die proses 12 viere gemoker. Hashim Amla is die enigste Suid-Afrikaanse kolwer wat sy paaltjie verloor het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Eliza-beth ·

Man ek was trots op die manne! Was so lekker om te sien hoe hulle mors met Sri Lanka en dit was sommer gou verby! Geluk AB en jou span en dankie aan ouens soos Quinton, Tahir en Duminy – julle het ons die keer deurgedra! Bly kalm en gefokus en bring daai beker huis toe – ag ek weet hulle gaan seker nie hier lees nie, maar ek WIL graat praat waaroor my hart van vol is vandag!

Shannon ·

Ja, nou vir die voorspelbare inploffing in die volgende toets.
Krieket is siel dodend. Voorspelbare krieket is `n martel dood.

Elfie ·

Shannon, jy hoef mos nie te kyk nie wat! Dit was opwindend verby. Dalk moet jy jukskei of iets wat jy dan nou dink beter is kyk :D

nig ·

Dankie AB en die manne, dit was heerlik om te kyk. Julle moet kophou vir die volgende wedstryde – julle KAN. Shannon – dis nie toetse nie, maar wedstryde in die wêreldbekerkompetisie. Wees bietjie positief en ondersteun ons manne!

Shannon ·

kom ons kyk of hulle met die volgende toets OP of AF is. Eersgenoemde sal my laat oorskakel van my gunsteling “Lite Chamber Music” kanaal.

Elfie ·

Shannontjie, niemand gee regtig om of jy oorskakel of nie hehehe. Die Proteas het genoeg ondersteuners sonder jou.

Faan ·

Ek is nou keelvol vir negatiewe blikskottels soos jy. Gister was baie net so negatief, maar vandag is hulle iets gewys. Gaan dinges in ‘n emmer en gooi dit in die see. Jou negatiewiteit gaan niks aan die span doen nie. Protes bo!!!

nig ·

Faan, sy soek aandag. Ek sien so verbitterde mens met rookplooie langs die mond wat niks goeds van niemand of niks kan sê. Sy doen dit elek dan en wan, foei. Baie eensame mens wat êrens belangrik wil voel en deur sulke negatiwiteit te skryf voel sy sy is “iets”. Laat haar maar wat, shame…!

Faan ·

Ek is nou keelvol vir negatiewe blikskottels soos jy., Shannon. Gister was baie net so negatief, maar vandag is hulle iets gewys. Gaan dinges in ‘n emmer en gooi dit in die see. Jou negatiewiteit gaan niks aan die span doen nie. Proteas bo

zahn ·

Ek wil graag hoor of daar nog mense is wat met my sal saamstem, Quinton sal beter vaar op 4 of 5 kolwer, hy is bitter goed, maar ek sien nie dat hy openingsbatsman is nie.

Elfie ·

zahn, mag wees, maar wraggies VANDAG het hy sy kant gebring en dit was so mooi hoe AB ook oor hom gepraat het toe die kapteins aan die einde moes gesels oor die wedstryd.

Ig ·

Shannon is daar iets in die lewe wat jou positief of opgewonde kan maak? Pik bietjie by of gaan lewer komentaar op ander media.Jou tipe kommentaar sal nogal goed pas op Media 24 se blad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.