Goeie nuus: Standerton-huisvrou se vinnige optrede fnuik rowers

Foto: Alida Lake @inkMedia

Foto: Alida Lake @inkMedia

ʼn Huisvrou van Standerton in Mpumalanga se vinnige en kalm optrede het Woensdag gesorg dat vier huisrowers op heterdaad betrap is terwyl hulle haar in haar huis aangehou het.

@inkMedia, ʼn plaaslike mediahuis, was kort ná die mans in hegtenis geneem is op die toneel en het met die slagoffer, Hester van Niekerk, gepraat.

Hoewel Van Niekerk ná die voorval emosioneel platgeslaan was, het haar kalm en flinke optrede tydens die voorval tot die verdagtes se inhegtenisname gelei.

Van Niekerk was in haar huis besig om huistakies te verrig toe die vier verdagtes, waarvan een met ʼn skroewedraaier gewapen was, toegang tot die erf gekry het deur die elektroniese hek se motor te ontkoppel.

“Ek het skielik een van die mans by die voordeur sien staan waarna hul wit voertuig in ons erf in gery het,” het sy aan @inkMedia gesê.

Sy het dadelik die veiligheidsmaatskappy Kasselman Guarding Services ontbied. “Ek het net my foon in my broeksak gedruk toe die vier mans my omsingel het.”

Die man met die skroewedraaier het die wapen voor haar gesig rondgeswaai en haar gedwing om na haar slaapkamer te gaan. Daar het sy begin om al haar en haar man se klere op die grond te gooi om vir die aanvallers te wys sy steek niks waardevols weg nie. Sy het dit egter slegs gedoen om vir tyd te speel totdat die veiligheidsmaatskappy opdaag.

Hulle het haar gedwing om ʼn kussing oor haar kop te hou terwyl hulle die huis geplunder het. ʼn reaksiebeampte van Kasselman, Lourens Uys, het hulle in die huis verras terwyl hulle besig was met hul strooptog.

Uys het homself geïdentifiseer en die verdagtes beveel om op die grond te lê.

Die verdagtes het egter probeer om te ontsnap en het deur die vensters gespring, net om hulself buite die huis in nog beamptes vas te loop.

Die Standerton-polisie was kort daarna op die toneel en het die verdagtes in hegtenis geneem.

Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagtes se voertuig van Mamelodi, noord van Pretoria, is.

Volgens @inkMedia gaan Standerton die afgelope paar maande gebuk onder huisrowe, veral in Kosmospark en Florapark.

Bron: @inkMedia

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lynette ·

Baie goed kop gehou. En natuurlik gaan die gemors borgtog kry !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Anchen ·

Puik Mev.van Niekerk puik jy verdien ‘n medalje! Om koelkop te bly red mens se lewe!

Pierre Celliers ·

So gaan hulle aan. Groepe van tot twaalf op ‘n slag kry elkeen sy beurt, totdat die hele land en sy woestaard bevolking ‘n beurt gekry het!! Blikemmers!! (vervang “-emmers” met “-sems”).

Corry Bongers ·

Hulle moet nie borgtog kry, maar uit die sameleving verwyder word.
Wie gaan betaal vir die arme vrou se traumaberading wat sy beslis gaan nodig kry.
Ek hoop sy word bygestaan. Mevr kry honde dit sou hulle ook al afgeskrik het

Anna van der Mescht ·

Ai tog, so tragies vir so n pragtige land. Ons BID maar almal vir n beter more.

CHRISTA ·

Goue medalje vir jou mevrou. Ek bid dat jy net so koelkop in die Hof teen hulle sal wees. Onthou: die HERE staan jou by. Vertrou op HOM!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.