Goeie nuus: Tafelberg-foto wen internasionale kompetisie

Star trails over Cape Town, South Africa.Eric Nathan, ʼn fotograaf wat in Suid-Afrika en Engeland woon, het sopas met sy foto van Tafelberg die International Earth & Sky-kompetisie gewen.

Nathan se foto is ook as die Against the Lights-kategoriewenner aangewys.

Die kompetisie beloon fotograwe wat in die aand asemrowende foto’s neem. “Die hemelruim is ʼn noodsaaklike deel van die natuur, ʼn erfenis vir ons en ander spesies op hierdie planeet,” het Babak Tafreshi, voorsitter van die kompetisie, in ʼn verklaring gesê.

Nege beoordelaars het die wenners van die kompetisie uit ongeveer 1 000 inskrywings gekies. Inskrywings het uit 54 lande gekom.

Nathan het die foto in Junie 2014 geneem.
Klik hier om die foto in volgrootte te sien.
Hier volg ‘n video van al die kategoriewenners en foto’s wat die beoordelaars se aandag getrek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mike ·

Prague foto . . . gelukkig het die problem van “loadshedding” dit nie bederf nie !!

Peet Schabort ·

Uitstekend Eric, jy mag maar !!!
Babak Tafreshi se aanhaling oor die natuur is ook van toepassing op ons waterbronne wat ons besig is om vir jare al te besoedel.
Mag ek Maroela die volgende onder die lesers se aandag bring:
Indien jy een van die miljoene is wat DRINKWATER kry uit die VAALDAM moet jy eerskomende Sondag 21 Junie om 7 nm kyk na CARTE BLANCHE.
Jou oë gaan uit jou kop val !!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.