Goeie Nuus: Theunis Nel sterk aan

Theunis Nel en sy vrou Mareli Nel (regs), saam met een van die dokters. Foto: Facebook

Theunis Nel en sy vrou Mareli (regs), saam met dr Van Dyk. Foto: Facebook

Theunis Nel, akteur en aanbieder van die motorfietsprogram Woema op kykNET,  het gister vir die eerste keer in ʼn rolstoel gesit nadat hy op 10 November in ʼn ernstige motorfietsongeluk betrokke was.

Sy vrou Mareli Nel het Donderdag aan Maroela Media gesê hoewel sy vordering hulle almal verbaas, lê daar nog ʼn lang pad voor. “Hy het nog baie pyn en daar lê nog ʼn lang pad vir ons voor, maar sy vordering is goed,” het Mareli gesê.

Maroela Media het vroeër berig Nel se regterarm moes na die ongeluk noodgedwonge  geamputeer word om sy lewe te red. Nel is nog steeds in die Unitas-hospitaal in Centurion waar hy intensiewe fisioterapie ontvang.

Hy het  ʼn week gelede op die Facebook-ondersteuningsgroep, Theunis Nel – WOEMA  – Updates!, wat meer as 4 600 lede het, ʼn brief geskryf waarin hy skertsend begin met: “Ek is nou ʼn leftie, so dit vat bietjie langer as gewoonlik, jammer vir die lang wag.” In die brief vertel hy hoe verstom hy is oor die mense wat vir hom en sy gesin bid. “Dit gee my net meer rede om weer op te staan en te midde van die storm weer terug te gee aan julle,” het Nel geskryf.

Lees vorige berigte oor die voorval hier. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.