Dominique Cage, die 13-jarige meisie van Alberton aan die Oos-Rand, is veilig nadat sy op 28 Junie vir die laaste keer deur haar ouers gesien is.
“Ek wil net rustig raak voor God en sê dankie dat ek my kind weer sopas in my arms kon vashou,” het Dominique se ma, Natalie, Dinsdagmiddag op Facebook gesê. “Sy is ongedeerd en terug in haar ouerhuis.”
Natalie het almal bedank wat die gesin deur die moeilike drie weke bygestaan, en vir hulle gebid het.
Sy het ook die Alberton-polisiestasie en ander organisasies, wat na vermiste persone en kinders soek, bedank vir hul hulp.
Natalie was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie. Sy het voorheen aan Maroela Media gesê hulle is ʼn baie gehegte gesin en dat sy alles in haar vermoë sou doen om haar kind op te spoor.
Lees ook:
Vermiste tiener: Man in hegtenis geneem
Gesin radeloos ná tiener verdwyn
Wat ‘n pragtige terugverwelkoming aan haar dogter. Dankbaar sy is ongedeerd en veilig !
Dankie tog sy is veilig gevind. Dis ‘n wrede wêreld daarbuite.
Kannie wag vir die hele storie nie…
Almal is bly sy is veilig maar hoekom se niemand waar sy toe nou heeltyd was nie?? Dalk weer weggeloop saam met n Kerel??
Gehegte gesinne se kinders loop nie weg van die huis af nie. Vroeg ryp,vroeg vrot.
Met hierdie tipe strories hoor jy nooit die waarheid nie. Hoekom is dit altyd net meisies waarvan ons hoor wat “verdwyn” het of weggeloop het? Gewoonlik agter ‘n kerel aan.
O ek stem saam met jou Charmaine nou sal hulle ook sekker se hulle wil geen nuus meer aan die media gee nadat sy gevind is nie…………………..ek dink persoonlik sy is so 10 pakke agter want regtig sy moes nog pop gespeel het!