Goeie nuus: Van bedelaar na werkende in een week danksy Facebook

Die foto's wat Green op Facebook gedeel het.

Die foto’s wat Green op Facebook gedeel het.

Joseph Phukubje (21) het die afgelope drie weke onder ʼn brug in Johannesburg geslaap, maar danksy die krag van sosiale media begin hy Maandag by sy nuwe werk.

Phukubje het Maandag, soos elke dag die afgelope tyd, by ʼn verkeerslig in Sandton gestaan met sy matrieksertifikaat en CV in die hand. Hy het nie vir geld gebedel nie, maar vir ʼn werk. Min het hy geweet dat sy lewe op dié dag handomkeer sou verander.

Pam Green (34) het Maandag verby Phukubje gery. ʼn Paar kilometer verder het sy egter besluit om terug te draai. Sy het na die verkeerslig waar Phukubje gestaan het, gery, uit haar motor geklim en met hom begin gesels. Phukubje het aan Green vertel dat hy oorspronklik in Mpumalanga by sy ouma gewoon het, maar besluit het om na sy suster in Johannesburg te kom om te probeer studeer.

Phukubje se suster is oorlede en hy het op straat beland. Hy het soms stukwerk gedoen en dan genoeg geld bymekaar geskraap om vir ʼn paar dae ʼn dak oor sy kop te kry. Hy het egter dan weer op straat beland.

Green het besluit om ʼn foto van Phukubje te neem en dit op Facebook te versprei. “Ek het hom gevra watter soort werk hy soek en wat sy droomwerk sal wees. Sy antwoord was dieselfde: ‘Ek sal enigiets doen, enige werk waar ek geld kan kry om ʼn blyplek te huur en elke dag te eet’.”

Green se inskrywing op Facebook is intussen wyd gedeel en die aanbiedinge het ingevlieg. “Mense van oral oor wou Joseph help. Mense het aangebied om te betaal om hom te help om sy bestuurderslisensie te kry, mense het werksgeleenthede aangestuur, mense het beurse aangebied. Die reaksie was oorweldigend.” Green se inskrywing is al meer as 34 000 keer op Facebook gedeel.

Een van die mense wat aangebied het om Phukubje te help, was Ntando Kubheka, ʼn medestigter van die maatskappy Locomute. Kubheka het 45 minute nadat die foto’s op Facebook gelaai is, vir Green gekontak en ‘n vergadering met Phukubje gereel.

Green het Dinsdag na die verkeerslig gery en vir Phukubje die blye tyding gegee. Sy het hom gevat om toiletware, klere en ʼn selfoon te koop waarna hy die Woensdag vir ʼn onderhoud gegaan het by Locomute. Phukubje het die pos gekry en begin Maandag in die maatskappy se inbelsentrum werk.

Volgens Green is Phukubje maar senuagtig oor sy werk. “Nou moet ons Joseph net kry om weer in homself te glo, want dan is die moontlikhede oneindig. My uitkyk op die lewe was nog altyd as jy net een persoon op jou pad help, sal die wêreld ʼn baie beter plek wees.”

Enigiemand wat betrokke wil raak, kan Green kontak by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

anet ·

Hierdie is wonderlike nuus. Dankie aan Green wat so uitgereik het na die jongman. Daar is altyd hoop, en daar gebeur elke dag wonderwerke as die nood op sy hoogste is

Pam Green ·

Thank you very much to everyone for all their love shared for Joseph! Thank you for sharing his story.

Mariska ·

Wow ek het trane wat oor my wange rol, dit is so amazing om te sien hoe mense nog kan saam staan, ek is so bly die kind sal weer warm kan slaap, en weer sal kan glimlag, Pam jy is ‘n engel, en jy het so so so groot verskil gemaak in die wereld miskien iets klein maar vir hom was dit baie groot, ek hoop en bid hy sal inpas en vinnig gemaklik voel. Weereens een pragtige storie.. Dankie. Xx

Johan ·

Dis n baie nice gebaar die….eks gladni n rassis nie glo my.maar wil net weet….hkm kan so iets nie bietjie met 1 van die duisende wit persone wat ok so staan en vra vir n werk gebeur nie….Da staan n baie jong wit man in Stormvoel in Pta wat ok graag n werk wil he,kan julle hom dalk help of nie….Ons lees altyd van die arme swart persoon wat gehelp word maar nooit van enige wit persoon nie.HKM nie?…..Daar het mos nou baie hulp ingestroom vir die jong swart man….hy is mos nou gehelp….kan van daai offers nie na die jong wit man toe ga nie…….EK VRA MA NET.

lorayne ·

Johan, daar is vir die manne in Stormvoël werk aangebied. . . lees gerus op Face Book se ‘Moot Misdaad’ blad. Hulle het die ou dame besteel en weggeloop! Blessed be Pam Green!

Eish! ·

Vra ek ook. ‘n Gekwalifiseerde Passer en Draaier en nog verskeie ambags (skills) sertifikate soek nou al 4maande werk. Hy is 45 en is bereid om enige plek in die wereld te gaan werk. Ek het sy CV al op fb, gedeel, doen orals aansoek en net niks gebeur nie. Dan wonder mens>>>>>

Christie Joubert ·

Wat n lekker stukkie nuus om te lees. Vir Johan, die volgende;
Hoekom doen jy dan nie ook soos Pam Green nie, en stop by die jong man, neem n foto en share op facebook. Hou op “vra maar net” en DOEN…

andries ·

swart of wit hy het werk gekry en nie gemoor vir n sel foon nie

welldone aan almal

Elsa ·

Ek is baie bly vir die jong man maar vra dieselfde vraag as hier bo. My seun het 2 maande terug sy werk verloor, toe ook sy kar verloor. Sy CV is al die hele SA vol gestuur en nog geen maar geen oproep gekry nie. Het n 4 jarige dogtertjie en sy vroutjie is 5 maande swanger. Hoe onregverdig is die lewe nie. Hy bly in Brakpan en kan in omliggende areas werk juis omdat vervoer op die oomblik n problem is. Miskien is daar iemand daar buite wat hierdie man ook sal raaksien.
Nog n e-pos adres waar ek buite werksure bereik kan word is [email protected].

Miranda ·

My skoonseun van Brakpan het al verlede jaar sy werk verloor – is ‘n gekwalifiseer CNC programmer setter – hy kon tot dusver nog nie werk kry nie weens die myne se stakings – hulle het 5 kinders en is die kinders in pleegsorg geplaas en was my dogter natuurlik teen die grond en was daar al baie hartseer – hulle kan die kinders eers terugkry wanneer die pa ‘n werk het is daar iemand daarbuite wat dalk kan help!!

Tommie ·

Ek is baie bly vir hom en hoop hy is suksesvol…….ek is n 41 jarige blanke man wat al van einde feb sonder werk sit,en ek is n gekwalifiseerde Fitter en ook n goeie rep wat weet hoe om n produk te bemark en ek het al in die laaste 2/3 maande 100de CV gestuur maar ek kom nie reg met werk nie ek het al sover gegaan om mense te gaan smeek vir werk maar nogsteeds wil niemand my help nie ,ek het laas week n oproep gekry om te gaan vir n onderhoud maar is mee gedeel ek is over qalifyd vir die werk maar het gegaan en was bereid om te werk vir R1250 n week en ek het nie die werk gekry nie.Ek moes als al moontlik verkoop om die afgelope paar maande te oorleef ek moes die 1ste my huur betaal ek kon nie, ons het nie kos nie ek het al als probeer is bereid om vir mider te werk net om aan die lewe te bly maar nogsteed kry ek nie werk nie…..Is daar asb nie iemand wat my ook wil help nie ek is regtig moedeloos……

Sandra ·

Dit was Joseph se beurt! Daar word baie witmense ook gehelp waarvan ek weet. Moet kleur in alles gebring word, selfs in so mooi storie! As elkeen omgee en gehoorsaam is as die Gees met jou praat,soos Pam, kan baie meer gehelp word. Daar is egter baie mense wat nie wil gehelp word nie. Ons gemeente het op ‘n stadium ‘n plek geskep vir mense wat op straat is, kos en klere verskaf en kursus om weer in samelewing aan te pas en dan vir hulle werk gekry. Daar was nie een suksesverhaal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.