Wilson Khambani (64) is in 1974 weg by sy huis in Venda, Limpopo om in Brits, Noordwes te gaan werk soek.
Sam Khambani (48), Wilson se broer, vertel dat hy nog onthou sy broer het vir hom gesê hy gaan terugkom, maar hy het nooit teruggekeer nie. Sam was agt jaar oud toe Wilson verdwyn het.
“My ouers het saam met die polisie na hom gesoek, maar kon hom nie opspoor nie,” het Sam gesê. “My ouers is reeds oorlede. Ons het destyds gerugte gehoor dat hy in Brits is. Ons het die dorp besoek maar kon hom steeds nie opspoor nie.”
Volgens konst. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die polisie, is Wilson onlangs by die Letlhabile-ouetehuis opgespoor, nadat iemand hom herken en die polisie gekontak het. “Die polisie het die familie gekontak en wou weet of hulle steeds ʼn familielid vermis,” het Sekgotodi gesê. Die familie en polisie het foto’s uitgeruil en Wilson se identiteit is bevestig.
“Wilson kon nie self met sy familie kontak maak nie, weens komplikasies wat hy ervaar het nadat hy ʼn beroerte gehad het. Die boer by wie hy gewerk het, het hom na die ouetehuis geneem vir versorging,” het Sekgotodi bygevoeg.
Sam het gesê hy en sy ander broers en susters was baie opgewonde om hul ouer broer na al die jare weer te sien. “Ek gaan nou vir hom sy huisie regmaak sodat ek vir hom kan sorg, dit is my plig om na my broer te kyk,” het hy gesê.
Sam het ook sy dank teenoor die Letlhabile-ouetehuis uitgespeek vir hul versorging van sy broer. “Danksy die goeie sorg wat hy ontvang het kan hy nou weer loop en praat.”
Sê liewers dankie aan die boer…
Baie dankie aan die Brits Boer! Dit is my hometown. . . en daar bly damn goeie mense daar! . . . soms TE goed!
Duidelik wou hy nie huistoe hkm nie kontak maak nie??bly hys veilig