Goeie nuus vir boere: Goedkoper diesel steeds beskikbaar

Argieffoto: led.co.za

Argieffoto: led.co.za

TLU SA het ʼn unieke ooreenkoms gesluit wat goedkoper diesel vir die verbruiker meebring.

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, het in ʼn verklaring gesê dié geleentheid verseker dat die verbruiker tot 70c minder per liter as die pompprys vir diesel kan betaal. “Met die dat ons sopas verneem het van die verhoging van 63c vir diesel, is hierdie ʼn welkome aankondiging,” het hy gesê.

Van Zyl verduidelik Business Innovations tree namens Kiaranix op om die bemarking te behartig van die produkte wat hulle oor die tyd heen ontwikkel het.

“As gevolg van vorige verbintenisse met die direkteure van Business Innovations, het hulle ons genader of ons bereid sou wees om as ʼn sub-agent op te tree in die waardeketting van landbou.

“Vir TLU SA was dit ʼn maklike keuse in die sin dat dit ons hoofdoel is om alles moontlik te doen om die kommersiële boere veilig en volhoubaar op hul grond te hou. Om die kostekomponent van die produksieprosesse positief te kan aanspreek, is een plek waar daar nog iets gedoen kan word om winsgewendheid van plase te verbeter,” het Van Zyl verduidelik.

“Dit word beskikbaar gestel aan enige iemand in die waardeketting. Dit is nie net vir TLU SA-lede nie. Dit is vir ons belangriker dat boere bygestaan word om steeds te kan aanhou boer as wat ons net na eie belang sou kyk. Die voordeel kan deur almal in die waardeketting benut word, met ander woorde vanaf die eerste insetverskaffer tot by die verbruiker wat almal deel van die voedsel waardeketting is,” het hy gesê.

Volgens hom is TLU SA se alleenmandaat om die voordeel vir enige persoon in die landbou waardeketting beskikbaar te stel en kan hulle net een van die agente nader ten einde te registreer om ook die voordeel te kan benut. “Die agente is geakkrediteer, aangesien daar aan sekere vereistes voldoen moet word om die proses te implementeer vir verbruikers daarvan.

“Die voordeel vir diesel is in hierdie stadium net vir diesel wat by óf Engen óf Shell ingegooi word. ʼn Keuse moet gemaak word. Daar word tans nog gewerk aan die massa lewerings om te kyk of daar moontlik ook voordele ingebou kan word. Indien dit realiseer, sal dit vorentoe bekendgestel word,” het Van Zyl bygevoeg.

Op bande, batterye en uitlaatstelsels word ook by spesifieke leweransiers groot afslag toegestaan.

Hiermee onderskeie agente wat reeds geakkrediteer enigiemand kan hulle kontak om aansoek te doen:

WDH PrinslooBI00113[email protected]082 555 4553
C MyburgBI00114[email protected]082 417 2170
Izelle EnslinBI00115[email protected]082 338 6601
Runel MatthewsBI00116[email protected]081 761 4854
Elzet RautenbachBI00117[email protected]082 358 3104
JH MaarnewickBI00118[email protected]082 465 3010
Erika HelmBI00119[email protected]079 699 6032

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ja Ja ·

Slim bemarking kanaal, teiken nou arme boere. Hou geen werklike koste besparing vir boer of verbruiker in nie. Daar is baie sulke agente met soort gelyke skemas. Hulle wat die werklike besparing wat tussen die verbruiker en verskaffer direk onderhandel kon word.

Mike de Beer ·

Briljant TLU SA. En dankie vir die voordeel wat aan ons “bedreigde spesie” deurgegee word. Dit blyk duidelik dat die regering onvermoeend is of dalk eerder onwillig is om na die boere om te sien.

Verder kan die regering en andere daarop let dat hierdie nie ‘n inisiatief is om slegs diegene van die “voorheen bevoordeeldes” te bevoordeel nie. Daar word na BOERE verwys met geen “tag” aan nie.

Wat ‘n fantastiese inisiatief en deurbraak. Seen word TLU Sa toegewens.

Grassie ·

So ‘n klompie jare gelede was daar ‘n skema waarvolgens boere goedkoper diesel kon koop, maar dit is skandaliglik deur vervoermaatskappye misbruik. Van die maatskappye is vanaf ‘n hoewe (plotjie) bedryf. Hulle het dan geregistreer as boere en hul diesel goedkoper gekoop. Ek hoop TLU sal die keer behoorlike beheer uitoefen sodat die skema nie weer skipbreuk ly nie.

Wilhelm ·

Dit maak nie sin nie, wie ly die 70c skade? As dit op een plek geld waarom nie oral?

Kobus ·

Lees bietjie die volledige berig op webblad van TLU SA. Landwyd beskikbaar. Shell of Engen staan van sy wins af, dit is nie skade nie.

Eben Smith ·

Moenie om die bos gelei word nie. Daar is ‘n relatiewe groot verskil tussen pompprys en “Zoneprys” vir groothandel diesel soos aan ons boere gelewer. Ons is bv in Zone 9c Kroonstad waar die Zone prys R10.76 tans is. Dan kwalifiseer elke boer vir ‘n “rebate”/ afslag wat dan afgetrek word van die prys. Die normale pompprys is byna R1.00/L meer. Ek bied aan elke boer dieselfde rebat aan want hulle voorsien almal dieselfde produk, of hy nou 10 000L of 100 000L gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.