Goeie nuus vir Brink-gesin

Danie Brink en sy vrou Lise.

Danie Brink en sy vrou Lise.

Lise Brink is laat Dinsdagmiddag uit die waakeenheid van die Unitas-hospitaal in Centurion na ʼn gewone saal geskuif.

Dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand en Lise se man, het gesê die skuif is baie goeie nuus en ʼn praktiese aanduiding van haar fisiese beterskap en “dat ons almal se gebede verhoor is”.

Lise (43) het eers Sondag uitgevind twee van haar kinders is in die ernstige motorongeluk oorlede, wat ʼn maand gelede buite Theunissen in die Vrystaat plaasgevind het. Lise, Danie en hul vyf kinders, was op pad om by familie aan te sluit vir die vakansie, toe die motor buite beheer geraak en gerol het nadat die linkeragterband losgekom het.

André (13) en Rachel (8) is in die ongeluk dood, terwyl Lise kritieke beserings opgedoen het. Haar linkerbeen is geamputeer en haar galblaas is verwyder ná die ongeluk. Johann (9) het ook kopbeserings en harsingskudding opgedoen, maar is intussen uit die hospitaal ontslaan.

“Lise praat baie oor André en Rachel en ek kan sien dat sy die uitwerking van hul dood intens ervaar,” het Danie Dinsdag gesê. “Baie dankie vir soveel mense wat hieroor bid, spesifiek vir ʼn genadige uitwerking op Lise en vir vordering op haar pad na fisiese en emosionele genesing.”

Danie het vroeër gesê Lise se toestand verbeter daagliks en sy kan haar ledemate al goed beweeg en meer praat of fluister.

ʼn Gedenkdiens vir André en Rachel word Sondag om 14:30 in die ouditorium van die Hatfield Christian Church (HCC) in Pretoria gehou. Danie het vroeër gesê Lise sal ongelukkig nie die diens kan bywoon nie en die familie sal by later ʼn private teraardebestelling vir André en Rachel hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Theresa B ·

So danbaar saam met julle vir die goeie nuus. Sterkte vir dit wat nog voorlê. Die Here sal julle hierdeur ook dra.

Tegnies ·

Hierdie is uiters goeie nuus oor Lise en die Brinkgesin. Om ‘n moeder te hê is die alles in die lewe vir ‘n kind. Daarom die uitdrukking ‘moedertaal’.
Tog wonder ek hoe ‘n band kan loskom? Hier moes ‘n bandbars plaasgevind het of die wiel (naaf en band) moes losgekom het. Sou die bars van die band gemaak het dat die band losgekom het? Dis net vir my nie ‘n gebruiklike weergawe van wat by die wiel gebeur het. MM verduidelik asb.

Connie Janse van Rensburg ·

Wat maak dit saak wag gebeur het met wiel of band. Wat gebeur het gebeur.Bid vir gesin en stop worry oor wiel.

*** ·

My man het so vier jaar gelede gereis tussen Ermelo en Middelburg op die N11; hy het skielik gevoel daar is fout met die voertuig en die volgende oomblik trek ‘n wiel by sy bakkie verby. Dit was een van die bakkie se agterwiele. Hy het daardie middag in Ermelo sy bande laat vervang; die wiel was nie ordentlik vasgedraai nie. Hy het meer as 80 km onwetend met die los wiel gery. Dit is slegs God se genade dat hy die voertuig langs die pad tot stilstand kon bring en nie beheer verloor het nie.

Liza ·

Ek is so bitter jammer so iets het gebeur. Ek bid dat ons Hemelse Vader julle sal dra deur die eina tyd!!!

Penellope Jones ·

Sulke goeie nuus om te lees!
Baie sterkte vir die pad wat voorle.

lettie ·

Sterkte aan julle en trots dat jul nog aan die Here klou in hierdie diep donker tyd. Onthou ons bly in n gebroke wereld maar eendag sal jul weer n volledige gesin wees in die hiernamaals

wes kaap ·

Ons HERE was nog altyd vir ons daar!!!! Wonderlike nuus!!! Sterkte vir die Brink gesin.

Schalk Naude ·

As n oud Kanarie wil ek en my gesin ons innige meegevoel bring…..
Dit kani in woorde beskryf word deur wat julle gan nie.
Here laat als gebeur met n doel en wie is ons as mens om hom te bevraag teken

Janette ·

So dankbaar Lise is beter! Al verstaan ons dit nie altyd nie, God het ‘n plan met ons lewens. Sterkte vir die moeilike tyd wat nog voorlê, God bly by julle en sal julle dra.

Karen Prinsloo ·

Ai ek ken jul nie maar wil net se sterkte, en ek glo almal se gebede gaan jul baie dra deur hierdie treurige tyd… en word gou gesond Lise x0x

Ans Watkins ·

My hart gaan uit vir julle gesinnetjie, mag Vader God julle toevou in die herstel periode van julle lewens. Ek glo en vertrou volkome Hy sal julle toevou in Sy Liefde en Genade. Sterkte. In Jesus LOVES you all. BLESSINGS Amen

Elize vd Westhuizen ·

Ons kan begrafnisse en Eredienste by die APKerk in Lichtenburg regstreeks uitsaai na reg oor die wéreld. Kan hulle nie ook dat sy die roudiens in die hospitaal op haar rekenaar kyk nie.

Hannetjie ·

Sjoe om enige persoon na aan jou te verloor is so erg. ..Groot hugs vir families. ..Ek sal ook dit graag wil weet dat sy haar kindertjies se begrafnis kan bywoon via Skype. ..

muis ·

Dis so wonderlik! Al die dank aan onse HERE! Baie sterkte aan die gesin mag alles mooi gaan voorentoe op julle pad!!

Zebra ·

2 Cor 12:
‘He said to me: my grace is sufficient for you for my power is made perfect in weakness’

Johannes ·

“My genade is vir jou genoeg en My krag word in swakheid volbring.”

Bertie ·

Dr Danie, Lise en Johann,
Mag God ons Vader julle vertroos met jul groot eina. Bid vir Lise en Johann vir volle herstel en ook vir jou, Dr Danie .

Helen ·

Dit is die ergste wat met ouers kan gebeur, mens verstaan dit nie, ek het ook die belangrikste goeie mens vroegtydig in my lewe verloor, dit is `n pyn wat met niks ander vergelyk kan word nie, mens dink jy gaan nooit weeer herstel nie, mense moet net verstaan dit vat BAIE tyd om te herstel, ek het my geliefde eerder laat veras, dit voel of hy by my is en eendag as ek reg is sal ek sy as in `n nis by die by die Voortrekker monument se tuin gaan plaas, vandag se begrafplase is `n skande en gevaarlik… ag ek dink ook maar net vir julle as gesin om eers `n mooi hoekie vir hulle in jou huis te he tot jy kan afskkeid neem is so berusting, Dit heeet my gehelp… jammer ek noem maar net… en baie sterkte, mag God met julle wees en troos…Hy sal..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.