Goeie nuus vir Gauteng-lisensie-aansoekers

Argieffoto

ʼn Aanlyn stelsel waarop afsprake vir leerling-en bestuurslisensies bespreek kan word, is in Gauteng van stapel gestuur.

Ismail Vadi, LUR vir paaie en vervoer in Gauteng, het gesê hulle is regtig opgewonde oor dié vennootskap met die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC). Dié stelsel sal jou nie net in staat stel om vooraf afsprake te maak vir leerling- en bestuurslisensies nie, maar ook om aanlyn die hernuwing van jou lisensiekaartjie te bespreek.

“As provinsie het ons ʼn duidelike besluit geneem om teen bedrog en korrupsie in openbare dienste op te tree – waaronder by toetssentrums. Dié aanlyn stelsel sal help om die skuiwergate in die stelsel te verminder,” het Vadi gesê.

Vadi het ook gesê die nuwe stelsel hou verskeie voordele in vir die inwoners van Gauteng soos dat dit die wagtye by die toetssentrums sal verminder.

Die stelsel, wat deur die RTMC bestuur sal word, maak voorsiening vir aansoekers om die datum, tyd en plek vir hul toetse te kies.

“Die stelsel verbeter die kliënte se ervaring, hulle sal nie meer vir ure in rye moet staan nie en dit sal die diens by toetssentrums oor die algemeen verbeter,” het Vadi gesê.

Hy het verduidelik dat die bekendstelling van dié stelsel in twee fases ingestel sal word. In fase een sal alle toetssentrums onder beheer van die departement en binne die Stad Tshwane die stelsel gebruik en in die tweede fase sal dit by alle toetssentrums in ander munisipaliteite in die provinsie gebruik word.

Vadi het ook gesê hulle stel belang om saam met die RTMC te werk om ekstra aanlyn dienste te ontwikkel wat die betaling van boetes, aanlyn besprekings vir verpersoonlikte nommerplate en aanlyn voertuigregistrasie insluit.

Besprekings kan hier gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

IK ·

Gister hier in die Vrystaat my voertuig’liksensies’ gaan uitneem. Pragtig om te sien hoe dit opgegaan het. Dan ook die sg. ‘transaksiefooi’ wat nou al verdubbel het. Telkom noem hul huurgeld ook by die naampie ‘subskripsiedienste’ en mislikepalityte praat weer van ‘basies’- of ‘addisionele’ dienste.
Terug na die voertuigliksense: Nou kan ek verder wettig deur die slaggate ry.
Die bestuurslisensies se K53 met die aanlyn stelsel gaan geen verskil maak aan die kwaliteit daarvan.

Zella ·

Met al die tegnologie kan ek nie rerig verstaan waarom ons nog vir enige iets in rye moet staan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.