Die Stad Ekurhuleni het Maandag gesê herstelwerk aan die groot waterpyp wat die afgelope naweek gebars en talle woonbuurte in Gauteng sonder water gelaat het, is uiteindelik voltooi.
Luidens ’n verklaring het Rand Water reeds begin om weer water deur die pypleiding te pomp. Meeste van die reservoirs se vlakke is egter in die stadium nog laag as gevolg van die langdurige herstelwerk wat daartoe gelei het dat die netwerk lank sonder water moes klaarkom.
“Dit het die kritieke punte van die retikuleringsnetwerk beïnvloed. Ons voorsien dus ʼn effense vertraging in die stabilisering van die netwerk en die volledige herstel [van water] sal waarskynlik vanaand om 22:00 wees.”
Gautengers word gewaarsku dat waterdruk tot vanaand onder groot druk sal verkeer hoewel dit na verwagting met die verloop van tyd na normaal sal terugkeer.
Maroela Media het vroeër berig ʼn gedeelte van die O2-pypleiding het gebars nadat ʼn klep op die pypleiding vermoedelik deur vandale beskadig is. Rand Water het aanvanklik gesê hy hoop om die O2-pypleiding wat gebars het teen gister te herstel, maar het dieselfde dag nog in ʼn verklaring gesê dit sal nie moontlik wees nie weens die aard van die skade. Daar is toe verwag dat die pypleiding teen vanmiddag herstel wou word.
Rand Water het inwoners om verskoning gevra vir die ongerief wat die naweek deur die gebarste waterpyp veroorsaak is hoewel hy ook in dieselfde asem gevra het dat water spaarsamig gebruik word totdat die netwerk na normaal terugkeer, veral in hoogliggende gebiede.
nou net update gekry pyp flense eers 4 nm gekry dan kan die restorasie begin nou hoekom gister vir ons lieg en se die lek is klaar herstel gister aand om 10nm dit word nou net so gelieg soos met die krag waar ons185 uur sonderkrag was
Die Son trek WATER – hoop die pypie is uiteindelik herstel!!! Almal in SA behoort na die “droogte” water met groter ontsag te gebruik!!! Baie jare gelede(1970) het ‘n medeskolier van Lyttelton H/Skool (nou Centurion),’ n Nasionale kompetisie gewen met sy slagspreuk “DINK WATER”! Kom ons doen so voort!
Dit is nou 6am en in Boksburg het ons steeds nie water nie
Mense die wiele val af in Kempton Park – vullis verwydering vind nie plaas nie, laang stories en leuns van Raadslede, water kort, kort af weens lekke en pype wat bars en kragtoevoer is ‘n geval van “now you see – now you don’t” hierdie stadsraad moet baie dringend ondersoek word, veral as jy in agneem dat Kempton Park die grootse ingangspunt tot ons land is.
Dit is nou 14.25 op 7 Aug. In Primrose is nogsteeds nie water nie!!! DIT IS DAG 5.