Goeie nuus vir motoriste

petrolprysDie departement van energie het aangekondig dat brandstofpryse aanstaande Woensdag sal daal.

Die prys van petrol sal met 69c per liter daal, terwyl die prys van diesel met 54c sal daal. Met hierdie daling sal ʼn liter 93-oktaan-petrol in Gauteng vanaf 2 September ongeveer R12,30 kos. Dit sal sowat 8,2% minder wees as die prys in September 2014, toe dit R13,41 gekos het.

Paul Joubert, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), het vroeër die week gesê die onlangse dalings in oliepryse se uitwerking is groter as die verswakking in die waarde van die rand teenoor die Amerikaanse dollar.

Joubert het gesê dit is nog te vroeg vir enige goeie voorspellings, maar indien die huidige toestand deur die loop van September voortduur, plaaslike brandstofpryse weer in Oktober kan daal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann Marx ·

As enige iemand hier lees, laat weet my ASSEBLIEF as julle ENIGE produkte raakloop wat se prys daal….omdat die brandstofprys daal. Ek het dit nog nooit gesien nie…As die brandstofprys verhoog, verhoog die prys van alle produkte. As die brandstofprys daal…verhoog die handelaar se winsmarge….

Winston ·

Johann. As boer ondervind ons almal dieselfde probleem met transport na ons markte. Transport styg en brandstof prys word aangehaal. Brandstof daal en ons betaal. Geen daling in transport koste nie. Daar word liewer gesê dis nog billik genoeg. En die verbruiker op die punt van die ketting moet dit maar net sluk. Alles word net regverdig solank iemand kan skep as dit reën.
Ek dink daar is te min prysbeheer op die goed wat saakmaak. Ek kyk altyd na die vleisprys op die rak en dit wat ek kry vir my produk. Iewers is fout en verbruikers is oningelig oor grade. RPO kan my antwoord as hulle kan

Johann Marx ·

Winston, ek het in ‘n omgewing groot geword waar o.a. veevoere vervaardig is, en my pa het ons geleer om in tonnemaat te dink. Dit maak my naar as ‘n boer +/- R3000 per ton vir sy mielies kry……nadat hy die plaas gekoop het, die implemente gekoop het, die werkers betaal het, die saadmielies gekoop het, die diesel gekoop het, die kunsmis gekoop het, alles in die grond in geploeg het en staat gemaak het op die natuur vir reën……en die wetters wat die supermarkte het verkoop daai mielies vir +/- R23 000 per ton.

Chris Ras ·

Johan Marx, het jy nie een nul teveel by die verkoopprys van supermarkmielies?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.