Goeie nuus vir motoriste

Effense verligting kom vir motoriste op 5 Januarie. (Foto: Maroela Media)

Die jaar 2022 skop af met goeie nuus vir motoriste: ʼn Algehele afname in brandstofpryse vir Januarie. Die departement van minerale hulpbronne het laat Maandagmiddag aangekondig dat die petrolprys op 5 Januarie met tussen 68c en 71c per liter daal, terwyl die prys van diesel met tussen 67c en 70c per liter daal. Paraffien daal met 95c per liter.

Volgens die Automobiel-Assosiasie (AA) kan dit grootliks toegeskryf word aan die versterking van die rand teen die Amerikaanse dollar. “Die rand het in die middel van Desember aansienlik gedaal toe reisbeperkings te midde van die verspreiding van die Omikron-variant opnuut vrese oor die Suid-Afrikaanse ekonomie laat ontstaan het. Die rand het egter sedertdien aansienlik veld gewen en staan nou weer op R15,88 teen die dollar, ʼn toename van 40c sedert twee weke gelede,” sê die AA.

Die olieprys het ook oorheersend stabiel gebly tydens Desember ondanks vrese vir ʼn nuwe Covid-19-variant. “Daar word ook verwag dat petroleumpryse in die komende maande internasionaal effens sal daal, namate die vraag na dié produkte afneem te midde van die verspreiding van Omikron oorsee. Dit kan weer aanleiding gee tot ʼn daling van die olieprys, wat voordelig vir Suid-Afrikaanse petrolverbruikers kan wees.”

Die AA meen egter die effense verligting in die brandstofprys verander nie wesenlik aan die kwessie dat Suid-Afrikaners steeds veel meer vir brandstof betaal as net ʼn paar maande gelede nie. Daar moet dus steeds druk op die regering geplaas word om die brandstofprys in die geheel te hersien. Die AA hoop die minister van finansies sal ʼn verklaring uitreik dat die petrolprys vóór die einde van die tweede kwartaal hersien sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Waarnemer

Goeienuus net jammer dit kom ietwat laat,meeste vakansiegangers moet nog die duur prys betaal om by die huis te kom

Nie Verbaas

Die reuse hap wat ons liewe ANC uit inkomste van brandstof neem is belaglik. Aan die ander kant, waar gaan hulle dan fondse genereer wat hulle kan vermors as die staat se gedeelte van die brandstofprys gesny word? In Afrika is net Zimbabwe duurder as ons.

Pieter

Goeie nuus se alie man die anc moet vir my kom wys hoe doen hulle die berekining van die bransdstof.Dit is die ou storie brandstof het met tagtig persent gestyg maar hy kom met een persent af.

Marius

Dis darem goeie nuus vroeg in die nuwe jaar. Ons kan doen met nog ‘n paar stewige afwaartse aanpassings.

Vonkprop

Dit is nie goeie nuus nie, dit is net nuus. Goeie nuus is R2 minder of meer. En die petrol raak nie goedkoper nie, hy word net minder duurder.