Goeie nuus vir motoriste in Februarie

Argieffoto (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Die AA het Maandag in ʼn verklaring gesê internasionale brandstofpryse het in Januarie met tot 36c gestyg, maar danksy ʼn sterk rand, kan Suid-Afrikaners uitsien na goedkoper brandstofpryse in Februarie.

“Internasionale pryse het met ongeveer 11% gestyg sedert 14 Desember 2017. Die rand/dollar-wisselkoers het, gelukkig vir Suid-Afrikaners, gedaal en die plaaslike geldeenheid het sedert die middel van Januarie versterk,” het die AA gesê.

Die sterker rand beteken dat petrolpryse na verwagting met 32c per liter kan daal aan die einde van die maand. Diesel sal na verwagting met 17c daal en paraffien met 20c.

“Dis belangrik dat politieke leiers kennis neem van die effek wat ʼn sterk regeringsbenadering op ons wisselkoers het en dat dit insetkoste vir privaat burgers en ondernemings het. Ons benadruk ons kommer dat die regering moet verhoed om die petrolprysheffing te gebruik om sy fiskale tekorte te finansier, aangesien dit ʼn gekonsentreerde belasting is met ʼn vinnige effek op inflasie en besteebare inkomste.”

Die AA het gesê brandstofpryse het in 2017 die hoogste vlakke gehaal in die land se geskiedenis. “As mens na die wisselkoers kyk, is dit onvermydelik dat bykans enige vinnige beweging met politieke gebeure verband hou. Ons doen ʼn beroep op die regering om ʼn oordeelkundige benadering te volg wat beleide betref, aangesien ʼn swakker rand die armste mense die swaarste tref.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mike Kaapstad ·

op ,af ek bly maar net tenk vol maak dan is daar nie so groot verskil nie , 36 sent x 40 of 50 liter is maar net R 15………………

FRIKKIE ·

mike van kaapstad, jy slaan die spyker netjies raak…. dis nie eens genoeg om n 2L coke te koop nie.

Johann Marx ·

Mike Kaapstad………..vir JOU is dit R15. Vir die regering is dit 25 miljoen x R15,00!! En dis wat my so boos maak……….die melkkoei is besig om op te droog!!!

E.K. die eerste ·

Moet nou net nie dink kospryse ens sal afgaan nie! Hul is gou om prysstygings te verdedig met “petrolprysverhogings” maar gaan dit af kry verbruikers geen voordeel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.