Goeie nuus vir N3-gebruikers

Die toneel Maandagoggend by die Mooirivier-tolplaza na die gewelddadige betoging die vorige aand (29 April 2018). Foto: Twitter via @crimeairnetwork

Die Mooirivier-tolplaza op die N3 is sowat 24 uur ná protesaksie wat die sluiting van die N3-tolpad tot gevolg gehad het, weer vir verkeer oopgestel.

Anita Heyl, woordvoerder van die N3-tolkonsessie, het gesê die N3-tolkonsesie se verkeer by die Mooirivier-tolplaza is weer oopgestel in die noordelike en suidelike rigtings.

“Tydelike herstelwerk is reeds gedoen en die herleiding van verkeer vanaf die N3-tolpad is nie meer nodig nie,” het Heyl gesê.

Heyl het motoriste weereens gewaarsku om dié pad nie in die aand te gebruik nie.

Maroela Media het vroeër berig altesaam 35 vragmotors is beskadig en 54 mense in hegtenis geneem tydens ʼn betoging Sondagaand op die N3 by die Mooirivier-tolplaza in KwaZulu-Natal wat bestempel word as een van die ergste aanvalle nóg op vragmotors.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het bevestig die protesoptrede het begin toe ʼn groep mense omstreeks 19:30 voorwerpe op die snelweg gegooi en vragmotors aan die brand gesteek het. “Altesaam 35 vragmotors is beskadig, waaronder die vragmotors wat aan die brand gesteek is,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

AD ·

Geen wonder Pres Trump wil / gaan by volgende UN vergadering SA se “foreign aid” van R3.2b weg vat soos op news24 nou net berig. Finansier n land met mense wat net brand en staak. Nee wat

Ben ·

Die vraag is waar gaan daardie Amerikaanse Hulp Geld heen? State Capture?

andre louw ·

Dit is moeilik om te verstaan hoe die plunderaars van hule eie heil dink. Die rede blykbaar is dat bestuurders van die trokke van ander Afrika lande is en huule (Suid Afrikaners) se werk geleenthede wegneem. Eenvoudige vraag; “waarom bestuurders van ander lande en tweedens; as die vragmotors so vernietig word, wat wil julle bestuur” Hoef nie Siener van Rensburg te wees om te besef politieke partye is die gyselaars van diegene wat vinnig besig is om die land heeltemal te vernietig. Geeneen wil dit met mag teenstaan nie want dan word stemme verloor om ‘n tipe van mag te behou

snoefie ·

wie gaan die skade wat hulle hebsug aangerig het op padoppervlak en die vragmptors betaal? hou die mense verantwoordelik. as jy breek en brand, betaal jy.

Buitestander ·

Die verbruiker van die produkte betaal vir die skade deur verhoogde pryse.
Handelaars ly geen skade nie. Ek en jy betaal vir die regstellend verkope.
Hoe kan jy verwag dat die aremes van die aremste daarvoor betaal???

Hanna ·

Kan Maroela Media ons asb op hoogte hou mbt die lot van die 54 kriminele wat blykbaar ivm hierdie optrede in hegtenis geneem is? Sal interresant wees om te hoor of enige iets met hulle gaan gebeur. Ek hou egter nie asem op nie…

dup ·

Armoede,apartheid,swak diens lewering,vreemdelinghaat ens is geen verskoning as jy nie respek vir jou self het nie dan het jy nie respek vir iemand anders en sy goed nie . Hierdie is ‘n opvoedings probleem ondersteun deur STRENG wetstoepassing.Dit gaan weer gebeur waarskynlik ‘n ander tolhek of oornagstop. Sterkte .

Johanna Botha ·

Goeie nuus sou gewees het dat die wat gevang is in die tronk is vir n paan aanklagtes en n ruk lank sal moet sit

Casper Labuschagne ·

Goeie Nuus? Ek is nie so seker daarvan nie, voor die N3-tolkonsessie ons met hierdie “goeie nuus” geseën het, het ons 100% gebruik van die tolpad gehad vir 24 uur van die dag. Nou moet ons liefs nie in die nag ry nie. Dit is soos ‘n pasiënt wie se een been afgesit is en deur die dokter meegedeel word dat dit baie baie goeie nuus is dat die ander been steeds lekker werk.

Dit kan eenvoudig nie so moeilik wees vir die polisie om diegene wat hiervoor verantwoordelik is vas te trek nie? Maar sedert die laaste onluste ‘n maand gelede is net mooi geen vordering gemaak nie en daarom het ‘n herhaling weer gebeur. Ek vra myself af of die politieke wil hoegenaamd bestaan om iets hieraan te doen want om die stropers almal vas te trek sal die regerende party die stemme van ‘n hele gemeenskap verloor.

Hans ·

Verstommend om te lees dat motoriste liewers nie die pad in die aand moet gebruik nie! Die SAPD moet hulle werk doen om die burgers van die land te alle tye en plekke te beskerm.

Johannes van Staden ·

I am still waiting on the President’s comments and actions… What the heck does it help having top men travelling around the world begging investors to place their cash into SA when we have lost control of what’s happening inside the country. What kind of lawlessness are we dealing with when trucks are being set alight on the N3 and the SAPS are being shot at. Innocent civilians are being compromised. Surely the time has arrived for those who believe in SA and its future to ramp up the pressure on the Govt services to deliver a safer environment for all.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.