Goeie nuus: Vreemdeling se onbaatsugtige daad ná tragiese ongeluk

Martin en Ilse van Deventer.

Martin en Ilse van Deventer.

Martin en Ilse van Deventer het hul enigste seun in ʼn tragiese ongeluk verloor. Ilse was vir meer as drie maande in die hospitaal na die ongeluk. Dit was in dié donker tyd dat ʼn barmhartige samaritaan onverwags in hul lewens ingestap het.

Ilse en die negejarige Louis was in 2007 op pad terug na die gesin se plaas in Bothaville in die Vrystaat toe hulle in ʼn ongeluk betrokke was. Louis, wat vroeër die dag vir sy skool op die rugbyveld uitgedraf het, is op slag dood en sy ma het ernstige kopbeserings opgedoen. Ilse is na ʼn hospitaal in Welkom gehaas waar sy in die intensiewe sorgeenheid opgeneem is. Dokters het aan Martin, ʼn boer van Bothaville, gesê sy vrou gaan nie oorleef nie.

ʼn Bejaarde vrou van Bothaville het van die ongeluk gehoor en haar man gevra om haar na die hospitaal in Welkom te vat, ʼn rit van 76km. Die vrou, tannie Corra, het hierna elke dag die hospitaal besoek en vir Martin middag- en aandete gebring. Sy het saam Martin gebid en hy het geweet sy vrou gaan leef. Ilse is drie maande later uit die hospitaal ontslaan. Tannie Corra het steeds elke dag die gesin besoek en vir hulle kos gevat.

Stian de Witt, ʼn finansiële adviseur by die finansiëledienste-maatskappy attooh!, het op 20 Junie verlede jaar die Van Deventers, wat sy kliënte is, gaan besoek.  De Witt het ‘n afspraak met Martin gehad en hy het gevra dat hy vir hom 60 geel tulpe moet saambring vir sy verjaarsdag – wat twee dae later op 22 Junie was.  “Ek kon nie verstaan waarom nie, maar ek het dit gedoen.”

De Witt het tydens sy besoek uitgevind dat Martin elke jaar op sy verjaarsdag vir tannie Corra ʼn bos blomme gee. “Hy het vir my gesê dit is sy manier om vir haar dankie te sê vir haar ondersteuning in daardie moeilike tyd, want niemand anders het hulle so ondersteun soos Tannie Corra nie.”

De Witt het vir sy vrou, Elrine, die storie vertel. Elrine was geïnspireer deur die verhaal en het die liedjie Geel Tulpe geskryf. Die liedjie is opgeneem en De Witt het dit as ʼn geskenk aan Martin en Ilse gegee.

Luister gerus na die liedjie hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Percy Koekemoer ·

Dankie Tannie Corra, jy het Elrine geïnspireer om ‘n pragtige lied te skryf. Dankie vir wonderlike mense soos jy

ELLA NORTJE ·

Dis die mooiste gebaar van Tannie Cora en watter pragtige liedjie sal hom graag op my foon wil stoor

Griki ·

Dis ‘n pragtige liedjie, Elrine. Baie dankie daarvoor. Baie dankie aan Tannie Corra wat die Van Deventers so bygestaan het en baie dankie aan die Van Deventers wat hierdie storie en die liedjie met ons gedeel het. Wat ‘n inspirasie vir ons wanneer daar elke dag soveel onaangename dinge gebeur.

Anoniem ·

Louis laat ook ‘n tweeling sussie agter… Vandag ‘n pragtige jong meisie waarop haar ouers ongelooflik trots kan wees.

Lief vir jou Ilana’tjie! ♡

Anna-Marie ·

So pragtig en ook so hartseer. Hoop ek kan die liedjie iewers te koop kry. Wat ‘n besonderse boodskap le daar nie in Tannie Corrie se dade nie.

Anoniem ·

Baie dankie dat jul dit met so baie Bothavillers gedeel het, dit is sowaar iets wat jul altyd in jul harte sal bewaar.
Elrine jy het dit so pragtig gestel en ek dink hulle sal tannie Corra altyd ewig dankbaar wees dat sy dit op hul harte gelê het.

Anita ·

Ons het meer Tannie Corra’s nodig, sy verstaan die Vader se hart om ander te dien en naasteliefde prakties te leef.

Ek ken Tannie nie maar dankie dat Tannie my herinner het oor ons doel op aarde, mag ek ook ‘n Tannie Corra wees.

At Jordaan ·

kan met trots sê dat ek die kleinseun is van die dame. Lief vir ouma Cora.

Lemarie ·

Klein Louise het ek nou wel nie geken nie maar ek het vir Ilana in st.6 ontmoet en ons was koshuis maitjies, niks meer nie… in graad 9 het iets algemeens soos koshuis kennisse in n diamant verander wat ek nou kan noem ware vriendskap… Hulle hele gesin het almal harte van goud ek kon nog nooit verstaan het hoekom so iets met SULKE goeie mense kon gebeur nie?? Maar hulle staan altyd sterk en is as gesin daar vir mekaar, mekaar se steunpilare. Stekte oom, tannie en Ilana, ons dink aan julle in hierdie tyd xx

Ben & Helga Stander ·

Ken die gesin EN het die traumatiese gebeure in ons ou gemeenskappie meegemaak, MAAR was nooit eers bewus van hierdie kosbare storie/uitvloeisel daarvan nie! PRAGTIG!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.