Goeie nuus: Walvis van gewisse tou-dood gered (foto’s)

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn 15 meter lange boggelrugwalvis is Woensdag naby Kaappunt van ʼn gewisse dood gered toe dit in toue en boeie verstrengel geraak het.

Volgens Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het spanne van die walvis-ontstrengelinsnetwerk (SAWDN) en NSRI-Houtbaai gereageer nadat hulle deur die departement van seevisserye ontbied is.

“ʼn Vaartuig van die departement was sowat een seemyl van Kaappunt besig met navorsing op krewe toe bemanningslede die walvis opgemerk het,” het Lambinon gesê.

Toe die spanne op die toneel kom het hulle ʼn moeë walvis aangetref met wonde aan sy stertvin. Die wonde is deur die toue veroorsaak. “Die toue en twee boeie was om die walvis se stertvin en linkervin gekoek en die dier was geanker aan strikke op die seebodem.”

Die tou was sowat 20 mm dik en spesiale toerusting moes gebruik word om dit deur te sny. Die walvis is ná ʼn reddingspoging van 40 minute bevry.

“Die spanne het die walvis vir ʼn tydperk agtervolg. Die walvis het gesond en sterk voorgekom, ten spyte van die wonde op sy stert. Die SAWDN is vol vertroue dat die dier sal oorleef,” het Lambinon bygevoeg.

Die boeie en toue is verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dave ·

Presies net gedoen wat reg was om te doen want dit het gebeur omdat die mens peuter in die natuur. So, dit is deur mense veroorsaak en deur mense reggestel. Hoop hulle het Mercurochrome saam gestuur.

Eliza-beth ·

Walvisse is van die mooiste, interessantste en inteligentste diere en ek is SO bly as ek so positiewe storie lees. DANKIE NSRI – hulle doen sulke goeie werk en verdien ons almal se geldelike ondersteuning. Dit kos hulle VREKbaie geld om aan die gang te bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.