‘Goeie opkoms’ by Pik se roudiens verwag

Wyle oudmin. Pik Botha.

ʼn Redelike opkoms word Dinsdagoggend by oudmin. Pik Botha se begrafnis in die noorde van Pretoria verwag.

Die gewese minister van buitelandse sake is Vrydagoggend 12 Oktober in ʼn hospitaal in Centurion in die ouderdom van 86 jaar oorlede. Hy en sy tweede vrou, Ina, het in die Wonderboom-omgewing van Pretoria gewoon.

Sy oudste seun, Roelof, sê net ʼn vriend van sy pa sal tydens die teraardebestelling 10:00 in die Heatherdale-begraafplaas iets oor die ontslape minister sê.

In die NG kerk Wonderpark in Berglaan, Akasia, waar die roudiens om 11:00 begin, sal Vic Zazeraj, op sy dag Botha se privaat sekretaris, en die politieke ekonoom Moeletsi Mbeki hulde aan hom bring.

“Ons het nie die roudiens geadverteer nie,” het Roelof Maandag gesê, “maar ons verwag redelik [baie] mense.” Onder hulle is Roelof se oudste seun en Botha se oudste kleinseun, ook Roelof, ʼn waagkapitalis, wat spesiaal uit Amerika kom om afskeid van sy oupa te neem.

Hy sê Botha se vrou vaar goed in die omstandighede omdat sy etlike weke gehad het om haar op die onvermydelike voor te berei toe dit duidelik begin word het haar man se einde is naby.

Roelof vertel intussen al het heelwat mans in die familie die name Roelof Frederik gekry, was daar net een Pik. “Toe hy klein was, so vier of vyf, het hy eenkeer ʼn doop bygewoon in ʼn wit hempie met ʼn manelpakkie wat te klein was vir hom. Iemand het gesê hy lyk soos ʼn pikkewyn en 80 jaar later was sy bynaam steeds Pik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

leser ·

“goeie opkoms” klink so al of dit na ‘n rugby wedstryd verwys word
weereens sterkte aan pik se familie, ‘n waardige man het heen gegaan

se maar net ·

ag ek laat weet maar net dat ek dit nie sal bywoon nie

Geheime..... ·

Hy vat verseker baie geheime saam hom graf toe! My man se oupa was n raadgewer vir die president daardie tyd en tot met sy dood het hy gese Suid Afrikaaners sal skrik om te weet wat ALLES daai tyd beplan was!

A ·

Daar sal seker baie ANC lede wees. Hy was mos lid van hulle gewees.

Oud Weermag Lid ·

Die “opkoms’ woord – behoort by ‘n rugbywedstryd en nie by ‘n roudiens nie.

Pik en familie en vriende ek appologeer vir die oneerbiedigheid van talle mense.

Rus in vrede. Dit was ‘n goed om jou te kon ken.

Heleen ·

Sover ek weet woon Pik se politieke raadgewer van vroeër , Dr Jan du Plessis , nog in waterkloofrif. ..dalk kan hy antwoorde verskaf??

Katryn ·

‘n Gesin is in rou gedompel deur die afsterwe van ‘n geliefde en julle maak vieslike aanmerkings. Plaas jouself in hulle skoene. RIV en baie sterkte aan die familie en vriende.

Anonieme Lafaard ·

Katryn en Sendeling, julle slaan die spyker op die kop. Ek kom toevallig nou-net van ‘n begrafnis af. Miskien was hierdie mense nog nooit (of te lank laas) self by een teenwoordig.

Sies vir jou ·

Ja nee laat weet ook net ek sal dit ongelukkig nie bywoon maar asb wens hy het gepraat voor hy “gepik” het want so baie is weggesteek !!!

Oud Recce ·

Vergeef hulle Vader want hulle weet nie wat hulle doen nie.Ek glo hierdie woorde van Jesus op die kruis is van pas.
Hy wasn vriend van my en julle woorde wond my meer as n skietwond .

Johanna Botha ·

Jammer vir die familie. Ook jammer die droom en planne vir die nuwe SA het uitgedraai met al die groot probleme wat die land nou het ….tog so tragies maar onmiskenbaar waar !

E.K. die eerste ·

Rus in vrede. ‘n Man wat ‘n BAIE moeilike werk in ‘n BAIE moeilike tyd in ons geskiedenis gehad het. En ja hou maar jul nare en snedige aanmerkings- dis nie asof enigiemand jul in elke geval by die begrafnis sou wou hê nie. En wat maak dit saak WIE van WATTER party dit gaan bywoon – niks met julle te doen nie so hou julself besig met iets wat saakmaak! As jul dinge soveel beter sou kon doen hoekom het julle nie destyds probeer inkom vir dit nie? Maar soos die gesegde mos sê die beste stuurlei staan aan wal.

Johanna Botha ·

Die beste stuurlei is verseker nie nou an stuur van sake nie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.