Dit is volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) se statistieke vir reënval die afgelope 24 uur tot 08:00 Woensdag.
In George is 54 mm aangeteken terwyl Knysna 49 mm ontvang het. Swellendam het 55 mm reën gekry terwyl Laingsburg 41 mm gekry het. Ander dele van die Wes-Kaap wat goeie reën gekry het, is Plettenbergbaai (48 mm), Robertson (41 mm) en Tygerhoek wat 37 mm ontvang het.
In die Oos-Kaap is daar 68 mm aangeteken by die Bridle Drift-dam naby Oos-Londen. In Port Alfred is 61 mm aangeteken terwyl Tsitsikamma 57 mm ontvang het. In Uitenhage is 41 mm aangeteken terwyl daar 38 mm in Addo-olifantpark gemeet is.
In KwaZulu-Natal is die meeste reën in Ixopo (52 mm) aangeteken. Kokstad het 20 mm ontvang terwyl Vryheid 10 mm ontvang het. In die Vrystaat het Wepener 25 mm ontvang terwyl 22 mm in Ficksburg aangeteken is. In Noordwes is daar 12 mm by Hartbeespoortdam aangeteken.
In Gauteng is daar in Erasmusrand in Pretoria 24 mm gemeet en 19 mm by Unisa. In Mpumalanga is daar 13 mm in Witbank aangeteken.
Maroela Media het vroeër berig dat swaar reën vir Dinsdag oor die grootste dele van die suidelike en oostelike dele van Suid-Afrika voorspel is. Die weerdiens het ook gewaarsku dat die grootste deel van die land vandeesweek ongewoon koue temperature, heeltemal teenstrydig met die seisoen, kan verwag.
Die weerdiens het gesê die koue sal na verwagting teen Donderdag na die res van KwaZulu-Natal en die Vrystaat, asook Gauteng en Mpumalanga, versprei met temperature van ongeveer 15 ˚C.
Prys die Heer!
Vreeslikke goeie nuus om te hoor dit reen ini Oos en Wes Kaap. Wys maar net weereens ons God is Groot en Almagtig.
Baie dankie, God is in beheer.
Hier in Dalton KZN staan die meter vanoggend op 98mm
Stem SjN. Hy is in beheer.