Goeie Vrydag: Meer as 1 500 voertuie per uur op pad na Durban

Mxolisi Kaunda, LUR vir vervoer in KwaZulu-Natal (Foto: KZN departement van vervoer)

Verkeersvolumes op die N3 in die rigting van Durban is meer as 1 500 voertuie per uur terwyl motoriste na hul bestemmings haas vir die Paasnaweek.

Die N3-tolkonsessie het Vrydag gesê ongeveer 1 690 voertuie per uur het omstreeks 09:10 in ʼn suidelike rigting by Mooi Plaza beweeg, teenoor 870 voertuie in ʼn noordelike rigting. By Tugela Plaza is daar 1 540 voertuie in ʼn suidelike rigting en 630 noord. By Wilge Plaza is 1 540 voertuie op pad in ʼn suidelike rigting en 630 in ʼn noordelike rigting.

Mxolisi Kaunda, LUR vir vervoer in KwaZulu-Natal, het Donderdag saam met wetstoepassers aan ʼn padblokkade deelgeneem by Mariannhill-tolplaza naby Pinetown. Dié padblokkade is een van ʼn reeks wat vir die Paasnaweek beplan word om padgebruikers in te lig oor padveiligheid. Voertuie word ook vir nakoming en verkeersoortredings nagegaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

chris ·

Ag hoe lekker glimlag die verkeers manne, (weer sakke vol geld) na die lang naweek.
dis hulle “bonus”maand

LB S ·

Kyk hoe lyk dit elke Paasfees en Kersfees op Durban se strande. Nee dankie, ek gaan nie daar naby nie. Was 10 – 15 jaar laas daar en toe was dit erg (Desember), gelukkig net 2 aande voordat ons op ‘n bootreis gegaan het. Was heeltyd deur die gastehuiseienaar gewaarsku om nie hierheen of daarheen te gaan nie. Nou sien ek op TV niks het verander nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.