Goeie Vrydag-tragedie: Ses dood toe voertuig deur voetgangers ploeg

Foto: ER24

Ses voetgangers is dood en sewe beseer toe ʼn bakkie deur ʼn groep mense geploeg het in Edendaleweg, Kshwashange in Pietermaritzburg.

Paramedici is Vrydagaand kort ná 20:00 na die toneel ontbied waar die bakkie deur ʼn groep voetgangers geploeg het, het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê.

“Die bestuurder van die bakkie het noodlottige beserings opgedoen. Volgens omstanders het lede van die gemeenskap hom met ʼn mes aangeval kort ná die voorval,” het Vermaak verduidelik. “Daar was niks wat paramedici vir hom kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Een van die voetgangers was in ʼn kritieke toestand en het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Sewe persone is op die toneel behandel vir matige tot ernstige beserings. Hulle is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Spike ·

Vreemd hoe voetgangers deesdae met messe stap, net vir ingeval so tragedie gebeur om die drywer dan te kan dood.

Arrie ·

Die bestuurder is natuurlik van alles beroof ook. As jy vandag n ongeluk oorleef is die kaans goed dat jy nie die nagevolge gaan oorleef nie.

smurfie ·

Deesdae moet n mens maar met een of ander wapen loop om jouself te beskerm. Daarby sê ek nie wat hulle gedoen het is reg nie. Maar ek kan verstaan as mense met messe loop

Magaretha van heerden ·

Wat is aan die gang in SA? Hoe word die reg so in eie hande geneem en straf uitgedeel.
Hoe weet hulle wat was die oorsaak van die voertuig wat buite beheer geraak het? Nogtans is dit baie “sad” dat n lewe niks werd is in SA nie.

Marianne ·

Dis ‘n algemene gebeurte veral in Pietermaritzburg, motor insittendes wat ongelukke geroorsaak ongeag die rede of omstandighede, word aangeval en beroof of soos in die geval vermoor…

Buitestaander ·

Die bestuurder van voertuige het nou uiteindelik besef wat se wapen van massa ver nietiging hulle in hul hande het.

Oom Kalahari ·

Jammer oor die sterf gevalle en alle simpatie aan die families vir hul verlies, maar dit was ‘n ongeluk wat ‘n gebeurtenis gehad het wat dalk buite die beheer van die bestuurder was. Om moord te pleeg weens Boendoe hof sisteem en geen respek vir wet en orde is tans ‘n bewys dat hierdie land buite beheer is. So nou kan dit elkeen se reg word om so op te tree in sulke gevalle. Mense word beroof by ongelukke van hul persoonlike besittings en daar word nie gehelp, maar eerder kriminele dade gepleeg. Hoe laag kan dinge nog daal in hierdie wonderlikeDemokratiese land?

GerhardG ·

‘n Mens spel dit KwaShange. Edendaleweg (die ou naam) loop van Pietermaritzburg af deur Edendale totdat dit uiteindelik by onder andere KwaShange verbyloop. Ek neem aan die ongeluk het dus buite Edendale EN Pietermaritzburg gebeur in die KwaShange-gebied.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.