Gold One: Werkers keer terug na oppervlak

Myners sing en dans nadat hul kollegas na die oppervlakte teruggekeer het. (Foto: Luca SOLA / AFP)

Honderde goudmynwerkers wat oor die naweek teen hul wil ondergronds aangehou is, het Maandag een vir een na die oppervlak begin terugkeer.

Altesame 447 mynwerkers is sedert Donderdag ondergronds by die Gold One-myn in Springs aan die Oos-Rand aangehou terwyl 250 ander aan ʼn sogenaamde sittende betoging ondergronds deelgeneem het.

Die aangehoude mynwerkers het egter teen Maandagoggend in klein groepies die mynskag begin verlaat nadat die gyselaarsituasie glo ʼn einde bereik het, aldus Ziyaad Hassam, hoof van regsake by die Gold One.

Sommige mynwerkers het hul vuiste omhoog gehou toe hulle vanoggend na die oppervlak teruggekeer en verby ʼn veiligheidsheining naby die ingang van Gold One gestap het.

Verligte familielede het hulle buite die myn ingewag en gejuig toe hulle die skag begin verlaat het.

Familie en vriende wag dat hul geliefdes na die oppervlak terugkeer. (Foto: Luca SOLA / AFP)

Een werker van die groep wat die skag verlaat het, het aan AFP gesê dat toestande ondergronds ondraaglik geword het ná dae van min kos en water.

Teen vanoggend het die situasie ondergronds egter “baie kritiek” geword aangesien sommige werknemers aan dehidrasie gely het en gevegte tussen werkers begin uitbreek het.

Verskeie mynwerkers het oor die naweek ontsnap óf is op gesondheidsgronde vrygelaat, het Hassam gesê.

“Ons is bekommerd oor die gesondheid en veiligheid van al die werknemers.”

Mynwerkers geniet ‘n ordentlike maaltyd ná dae ondergronds. (Foto: Luca SOLA / AFP)

Hassam het die versekering gegee dat alle werkers ondersoek sal word en ʼn ordentlike maaltyd gegee sal word sodra hulle na die oppervlak terugkeer.

Die jongste gyselaarsituasie volg minder as twee maande ná die eerste gyselaarsdrama waaroor 50 mynwerkers verlede week afgedank is.

Rebelle-mynwerkers het geëis dat hulle heraangestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Suzette ·

Wonder watter beloftes gemaak is aan die terroriste wat verantwoordelik was vir die vorige gyselaarsdrama. Dis omdat hulle wegkom met hulle eise en getoi toi, daarom sal hulle dit oor en oor doen want hulle kry wat hulle wil hê.

Henry ·

wat van die wit werker wat hulle so gemartel het.?
hulle moet almal afbetaal word

Seef ·

Los hulle net daar. Moet geen kos of water afstuur nie. Hulle sal baie vinnig vanself opkom.

Johann ·

Toppunt van demand en dreig…GEEN gevolge nie. Maak soos hulle meesters se meesters en sink ons ekonomie met niks anders terrorisme nie. Hou guselaars aan soos hulle HAMMAS kamerade.

Lettie ·

Stem saam Christian seël die mynskag sodat daar nie weer gyselaarsdrama kan wees nie.

Danie ·

Hierdie is geen gyselaars storie nie. Dit is sameswering om die myn te dwing om aan hul behoeftes toe te gee. dit moet swaar gewapende mense wees om daardie hoeveelheid aan te hou as gyselaars. Hulle moet almal afdank vir n onwettige staking en dan mense aanstel wat ondehewig is aan die werkgewer en nie die unies nie. Mense moet besef unies betaal nie jou salaris nie hulle vat net by jou geld. Gee die unies vir hulle kos nee die myn gee nog vir hul kos en binne in hul harte lag hul vir die myn se onoselgyt om te dink hulle was gyselaars.

Karoo ·

As jy wil “sit en staak” doen dit op jou eie maar moenie die ander daarby in vorseer nie. Dis alewig die minderheid wat die meeste aandag kry en skade veroorsaak. Ek is dankbaar die mense is veilig uit. Dit kon nie “maklik” gewees het in die situasie nie.

Dries ·

Henry, ek het elders gelees dat wit mynwerkers uitgesonder word om gemartel te word.
Hier word niks daarvan gemeld nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.