Golden Gate-busongeluk: Busbestuurder nog nie aangekla nie

Die bus wat op 19 Augustus 2016 in die Golden Gate-natuurreservaat in die Vrystaat gerol het Foto: Via @kopereend / Twitter

Die bus wat op 19 Augustus 2016 in die Golden Gate-natuurreservaat in die Vrystaat gerol het Foto: Via @kopereend / Twitter

Die bestuurder van ʼn bus wat in die Golden Gate-natuurreservaat gerol en die lewens van 11 personeellede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag geëis het, is nog nie aangekla nie.

“Ons kla nie enigiemand aan voor die passasiers verklarings afgelê het nie,” het Butana Komphela, LUR vir paaie en vervoer, gesê. “Spesialiste van die padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) probeer die oorsaak van die ongeluk bepaal. Dié mense sal vir ons sê wat verkeerd geloop het. Hulle sal vir ons sê of dit ʼn menslike fout of die skerp draaie was.”

Maroela Media het vroeër berig nege vroue is op die toneel dood toe die bus teen ʼn steilte op die R712 afgerol het. Nog twee vroue is in die hospitaal dood. Talle SANW-personeellede is beseer.

Die busbestuurder, een van slegs twee mans in die bus wat SANW-personeellede na ʼn Vrouemaand-viering by die Basotho Cultural Village in Clarens vervoer het, het die ongeluk oorleef. “Die aanklag sal bepaal word deur die ondersoek wat ons saam met die RTMC doen. Ons het ʼn dossier oopgemaak, maar niks gebeur nog daar nie. Ons ondervra nie tans enigiemand terwyl hulle in dié toestand is nie. Sodra hulle herstel, sal ons verklarings afneem. Die bepalende verklaring sal van die RTMC af kom,” het Komphela gesê.

Simon Zwane, woordvoerder van die RTMC, het bevestig die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Die polisie in die Vrystaat en vervoerowerhede het gesê die pad word gekenmerk deur baie skerp draaie.

Komphela het aan verslaggewers by 3 Militêre Hospitaal in Bloemfontein gesê busse word wel toegelaat op dié “gevaarlike pad”. “Die SANW-lede was oukei. Groot vragmotors wat goedere vervoer maak ook van die pad gebruik. Slegs vragmotors met sleepwaens word nie toegelaat nie, aangesien die draai baie skerp is. Busse kan soos enige ander voertuig daar ry. Ek is seker ons sal binne ʼn maand aan die minister [van verdediging en militêre veterane] Nosiviwe Mapisa-Nqakula kan verslag lewer.”

Lees alle vorige berigte oor die Golden Gate-busongeluk op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Tiger ·

‘n Skerp draai veroorsaak geen ongeluk nie.Hy le daar en doen niks!Dis die voertuig bestuurder se plig om so ‘n draai versigtig genoeg te nader om sodoende veilig om die draai te kom.I rest my case.

Wat-ek-lees ·

Jy is so reg Tiger! Nogal ‘n LUR wat reken dat die draai dalk die skuld moet kry. Dit klink soos die damme wat té groot gebou is en nou nooit vol is en sodoende nie genoeg water kan lewer. Dis nét vol damme wat genoeg water kan voorsien.
Toe die boer die trekkerdrywer uittrap omdat hy in die modder gaan vassit het is die antwoord: “Moenie my uittrap, dis die trekker wat daar gaan vassit het!!” EISH!!

Wat-ek-lees ·

Nou se dae is mens ook nie meer seker oor die naamsveranderinge, is Clarence die een wat ek leer ken het as Clarens?

Maria van Dieweeck ·

Ja, net soos, ‘ ek is laat vir werk, want ek het die bus verpas’ =’ The bus left me’

S ·

Het ek dit verkeerd dalk! Ane kere word busbestuurders dadelik aangekla as daar sterftes ook was van passasiers …. maar in die geval moet hul eers verklarings van die passasiers af kry!

Stem saam ·

Stem saam die draai was maar nog altyd daar! Hierdie drywers mag mos oor die spoed ry, hul is mos goewerment se kroonwild en as gewone landsburger nou wil loop dood om n draai dan is dit nie hulle skuld nie, nooit nie.

Joann ·

Ek wonder het die busbestuurder n siviele lisensie gehad of net weermag lisensie? Want die wat hul in weermag kry om daar weermag voertuie te bestuur laat veeltewense oor.

Scalla ·

ek vermoed om al die skerp draaie het die moer losgekom wat die stuurmeganisme vashou.

Smit ·

Die Basotho Cultural Village is in die Golden Gate Nasionale Park nie in Clarens nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.