Golden Gate-busongeluk: Slagoffers se name bekend gemaak

Die bus wat op 19 Augustus 2016 in die Golden Gate-natuurreservaat in die Vrystaat gerol het Foto: Via @kopereend / Twitter

Die bus wat op 19 Augustus 2016 in die Golden Gate-natuurreservaat in die Vrystaat gerol het Foto: Via @kopereend / Twitter

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het die name bekend gemaak van die 11 vroue wat omgekom het na ʼn busongeluk op die R712 in die Golden Gate-natuurreservaat naby Clarens in die Vrystaat.

Maroela Media het vroeër berig nege vroue is op die toneel dood toe die bus teen ʼn steilte afgerol het. Twee vroue is in die hospitaal oorlede.

ʼn Aantal SANW-lede het verskeie beserings opgedoen tydens die ongeluk.

Brig.genl. Xolani Mabanga, woordvoerder van die SANW, het gesê begrafnisreëlings sal bekend gemaak word ná bevestiging ontvang is van die families van die oorledenes. “ʼn Gesamentlike gedenkdiens word vir Woensdag, 24 Augustus beplan. Die tyd en venue sal binnekort bekend gemaak word,” het hy bygevoeg.

Die minister van verdediging en militêre veterane Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die sekretaris vir verdediging dr. Sam Gulube, hoof van die SANW genl. Solly Shoke, en die hoof van die SA Leër lt.genl. Lindile Yam, het hul medelye betoon met die families, geliefdes en vriende van diegene wat in die ongeluk omgekom het. “Hulle het die beseerdes by die verskeie hospitale besoek en hulle ʼn spoedige herstel toegewens,” het Mabanga gesê.

Die minister het 3 Militêre Hospitaal in Bloemfontein besoek waar agt personeellede behandeling ontvang. Sy het daarna ander hospitale besoek om die ander SANW-personeellede te besoek waar hulle behandeling ontvang.

Die slagoffers se name is soos volg bekend gemaak:
– Kapelaan Phumza Teledimo (37) van Bloemfontein, getroud met drie kinders
– Sers. Matseko Josephine Madimabe (26), enkellopend met een kind
– Korporaal Akhona Tshoni (30), enkellopend
– Onderkorporaal Sharon Nosiphiwe Macala (27), enkellopend met een kind
– Onderkorporaal Cheena Roberta Jonkers (30), enkellopend met twee kinders
– Onderkorporaal Maditsietsi Constance Morotolo (26), enkellopend
– Maserame Dorcas Molibeli (25), enkellopend
– Portia Palesa Ramabodu (26) (siviel), enkellopend
– Lesego Cynthia Rasethuntsha (25) (siviel), enkellopend met een kind
– Maria Jacobs (57) (siviel), geskei met drie kinders
– Alice Thakanyane Masilo (27) (siviel), getroud met een kind

Lees alle vorige berigte oor die Golden Gate-busongeluk op Maroela Media

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wern ·

Dis tragies n so onnodig! Kyk net hoeveel enkelma’s daar is, hoeveel kinders nou sonder enige ouers is. Die samelewing is so gebroke, so min stabiele gesinne.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.