Golden Gate-ongeluk word ondersoek

Die bus wat op 19 Augustus 2016 in die Golden Gate-natuurreservaat in die Vrystaat gerol het Foto: Via @kopereend / Twitter

Die bus wat op 19 Augustus 2016 in die Golden Gate-natuurreservaat in die Vrystaat gerol het Foto: Via @kopereend / Twitter

ʼn Span kenners wat ongelukstoneelrekonstruksie kan doen, is ontbied om die weermagbusongeluk in die Golden Gate-natuurreservaat in die Vrystaat te ondersoek wat die lewe van 11 vroue geëis het.

“Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bevestig nie. Ondersoekbeamptes is op die toneel,” het Simon Zwane, woordvoerder van die padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) gesê.

Maroela Media het vroeër berig nege vroue is dood toe die bus teen ʼn steilte afgerol het op die R712. Nog twee vroue is in die hospitaal dood.

Hillary Mophethe, provinsiale woordvoerder van die departement van polisie, paaie en vervoer, het bevestig 42 persone was op die bus – 40 vroue en twee mans. Almal is na bewering personeellede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag.

Lees alle vorige berigte oor die Golden Gate-busongeluk op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Francois du Toit ·

In die 80’s is dienspligtiges met busse na hul oefenterrein vervoer. Ek het heel voor gesit en kon die drywer se gesig in die truspieël sien. Na sowat ‘n paar uur se ry op die snelweg na Witbank kon ek sien die drywer sit met rukke agter die wiel en slaap. So het die gegaan. Later is drywers geruil terwyl die bus nog in volle vaart beweeg het. ‘n Derde persoon het die stuurwiel vasgehou terwyl die manne sitplek gewissel het. ” I rest my case…..” Maroela kan my kontak

CHRISTA ·

Die busbestuurders en minibusbestuurders dink die maksimumspoed-plakker wat agterop hulle voertuig aangebring word is die MINIMUMSPOED waarteen hulle moet bestuur!!

Wat-ek-lees ·

Word hierdie kundige mense gereeld gebruik by ongelukke of slegs by uitsondering? Ek kry die idee dat dit nie altyd gebeur. Daar is ook in die media selde dat die oorsaak van ‘n ongeluk bekend gemaak word. Hopelik sal hierdie ongeluk wel aanleiding gee tot beter keuring van busbestuurders en die onderhoud/padwaardigheid van busse. Eintlik geld dit vir ALLE voertuie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.