Google onderdruk glo artikels oor antiwit rassisme

Google onderdruk volgens AfriForum glo artikels oor anti-wit rassisme. (Foto: Brett Jordan/Unsplash)

Die burgerregteorganisasie AfriForum eis ’n verduideliking van dr. Alistair Mokoena, Google se direkteur vir Suid-Afrika, weens oënskynlike teenstrydighede in soekresultate oor antiwit rassisme en -diskriminasie in Suid-Afrika.

Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, sê dié teenstrydighede het onder die organisasie se aandag gekom ná ’n ondersoekende artikel oor Google se soekenjinresultate vergeleke met ander soekenjinresultate oor dié onderwerp op PoliticsWeb verskyn het.

Verskillende soekresultate het opgeduik wanneer frases soos “anti-white racism in South Africa”, “anti-white racial discrimination in South Africa” of “discrimination against whites in South Africa” op die onderskeie soekenjins ingevul is.

In die artikel word daar as voorbeeld verwys na ’n voorlegging deur Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie in 2017 getiteld “Anti-white racism is South Africa”.

Luidens die artikel het Google om een of ander rede besluit dat dié dokument “gevaarlik en neerhalend is” en dit is gevolglik, soos verskeie soortgelyke artikels oor die onderwerp, onderdruk.

Die voorlegging, wat destyds as ’n meningstuk deur Politicsweb gepubliseer is, verskyn egter op ander soekenjins, insluitend Microsoft Bing.

Van Zyl sê wanneer die soekresultate met mekaar vergelyk word, kom dit voor asof daar “inmenging” van Google se kant af op resultate is terwyl ander soekenjins nie dié oënskynlike tendens toon nie.

Ander soekresultate, sê Van Zyl, blyk hoofsaaklik vry van enige inmenging te wees.

“Diskriminasie en rassisme teenoor wit Suid-Afrikaners en ander minderheidsgroepe is ’n onmiskenbare feit. Dit is kommerwekkend dat toepaslike en goed nagevorste artikels en bronne oor dié kwessie nie in Google-soektogte voorkom nie.

“Dit het ’n werklike invloed op die koestering van wanindrukke en die bevordering van foutiewe inligting.”

Van Zyl sê AfriForum probeer tans agter die kap van die byl kom en het daarom besluit om ’n brief aan Mokoena te stuur waarin klarigheid versoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Vrijburger ·

Google manipuleer al jare inligting soektogte in ooreenstemming met hul politiek agenda. Gee hulle hel!

Tipper ·

Wel,ja, om Big Tech aan te vat is so goed jy klim met Mike Tyson in die kryt.

Anon ·

Nie noodwendig nie, die hele wêreld is besig om wakker te skrik oor Big Tech maatskappye wat toegang tot informasie beheer en onderdruk. Daar is hewige teenstand in bv. VSA. Ons sal sien wat vorentoe gebeur.

Robert ·

Bing is ‘n Microsoft speenvark en net so skeef, beste na my mening is DDG.

Windhond ·

Mooi so – vat hom Flaffie, dit verbaas my geensins nie

Pieter ·

Laat ook die vraag ontstaan Wat is fopnuus? Bestaande nuusankers het sekere agendas wat verlang dat jy dieper delf na die waarheid. Die onlangse skandaal met Pretoria News, burgemeester Masina en die 10-ling wys dat jy nie alles kan glo nie en alternatiewe nuusbronne moet raadpleeg vir balans. Die tyd sal fopnuus uitwys.

Dirk Mostert ·

“Facts Checker”, “debunk” webblaaie, selfs Wikipedia is nie betroubaar nie.

ES ·

Dit is presies wat Kim Jong Un van Noord Korea met sy mense doen – onderdruk en sensuur wat hulle mag kyk en luister en doen… dit wys jou net dat ons onder diktatorskap regeer word wat gekleed is as demokrasie.

Ons is nie anders as enige ander diktator-geleide Afrika-land nie.

Anon ·

Google is wat hulle is en is. Facebook onderdruk nes Google. Dit word meer opvallend dat mense van waarhede weerhou word om ‘n een wêreld orde te bevorder. Almal wéét die media manipuleer die samelewing. Baie ander soekenjins, baie ander maniere om Google se onderdrukking van informasie te omseil.

Dirk Mostert ·

Google is deel van die NWO-kabaal en sensor alles wat nie hul agenda bevorder nie.

Hoekom ·

Ek gebruik al lankal nie meer google nie. DuckDuckGo is my verkose soekenjin. Erens moet hierdie “big tech” monopolies leer dat hulle nie verhewe is bo enige ander nie…

Jackie ·

Dis kwadedag wanner soekenjins soos Google politieke voorkeure openbaar. Hulle behoort totaal neutraal te wees.

Nico ·

Die ideologiese van “rassime” rus op haat vir witmanskap, soos die Kommunisme dit verklaar het. Dit verklaar waarom daar klaarblyklik net Blanke “rassiste” kan wees maar nie ook Swart rassiste is nie, Dit verklaar ook hoekom ‘n “Black Lawyers Association” nie rassisties is nie, maar indien enige Blanke organisasies geskep word, dit as “rassisties” beskou word en boonop deur die Handves van Menseregte verbied word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.