Google Street View neem Jhb-rooftog af

Foto: Google Street View

Foto: Google Street View

Google Street View het ’n rooftog in Johannesburg op kamera vasgevang.

Volgens berigte is die rooftog in Bramley deur ʼn verbygaande Google Street View-motor afgeneem. Die voorval het in Junctionweg plaasgevind.

Die foto’s wys hoe twee mans ʼn werknemer van ʼn veiligheidsmaatskappy beroof. Daar kan gesien word hoe ʼn wit BMW agter die werknemer se bakkie stilhou en hoe twee mans uitspring en na ʼn bakkie van ADT hardloop. Die twee mans pluk die bestuurder uit die bakkie en beroof hom.

’n Woordvoerder van ADT het aan die Independent gesê die voorval het in Februarie plaasgevind en dat die reaksiebeampte se vuurwapen gesteel is. Hy het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.