Google toon SA vra oor onluste tydens verkiesing

(Argieffoto: Pixabay.com)

Gewelddadige onluste is een van die aspekte waaroor Suid-Afrikaners antwoorde soek in aanloop tot die nasionale verkiesing wat op 8 Mei sal plaasvind.

Dít aldus die soekenjin Google wat Vrydag die spesifieke vrae bekendgemaak het waarop Suid-Afrikaners die meeste antwoorde soek in aanloop tot die verkiesing.

“Sal Suid-Afrika ʼn vreedsame verkiesing hê?” is een van die top‑10 vrae wat vandeesweek die meeste op Google ingetik is. Ander vrae het gehandel oor die tipe verkiesingstelsel in die land, hoeveel stembriewe daar vir die verkiesing sal wees en hoeveel mense geregistreer is om in die verkiesing te stem.

Die ANC, EFF en Black First Land First is die drie politieke partye wie se name die afgelope week die meeste op Google ingetik is. Wanneer daar na die name van politieke leiers gekyk word wat die meeste op Google gesoek is, is Julius Malema, Cyril Ramaphosa, Mmusi Maimane, Hlaudi Motsoeneng, en Mangosuthu Buthelezi voor in die ry.

Soektendense word saamgestel uit die data wat deur Google versamel word, gebaseer op wat Suid-Afrikaners in die soekveld op Google intik. Google verwerk meer as 40 000 soektogte elke sekonde. Dit kom neer op ʼn miljard soektogte per dag en 1,2 duisend miljard (“trillion”) soektogte wêreldwyd elke jaar.

Van die vrae wat vandeesweek die meeste op Google gevra is oor die Suid-Afrikaanse verkiesing is:

  • Wanneer is verkiesingsdag 2019 in Suid‑Afrika?
  • Is die verkiesingsdag ʼn openbare vakansiedag?
  • Wie gaan die 2019-verkiesing wen?
  • Hoeveel partye is vir die 2019-verkiesing geregistreer?
  • Hoeveel stembriewe is daar vir die algemene verkiesing?
  • Wat is ʼn tussenverkiesing?
  • Sal Suid-Afrika ʼn vreedsame verkiesing hê?
  • Watter tipe verkiesingstelsel word in Suid-Afrika gebruik?
  • Hoeveel geregistreerde kiesers is daar in Suid-Afrika?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Blikke ·

Who cares? Ons weet natuurlik wie sal wen….regverdig al dan nie!!!

Trol ·

Wie gee om? Ek kan so nie die rede vir die berih insien nie.

John ·

… wattter dag? En is die verkiesingsdag ‘n openbare vakansiedag?? Ha, ha. Dit is presies soos SA is… in volgorde. Die ANC sou wat wou gee om na die briefie die boks getref het, ‘n biertjie en ‘n broodjie wou aanbied… want…

Attie. ·

Indien ons almal ‘n groot party soek om voor te stem gaan ons na die verkiesing almal verloorders wees. Indien alle klein partye ophou om te bestaan gaan daar niemand wees wat in die parlement kan opstaan en my sienswyse verdedig nie. Dit sal ‘n kwde dag wees. Die enigste werkbare oplossing vir minderhede is om die kleiner partye te ondersteun sodat almal wat polities soos ons voel, ‘n sterk groepering kan vorm en sodoende in ‘n koalisie betrokke kan raak met die party van ons keuse. Enigeen wat dink die DA regeer in dele van die land maak n massiewe fout aangesien hulle regeer met die hulp van oa my stem, en ek het nie DA gestem nie. Indien iemand dink dit gaan beter wees om die toekoms sonder Afrikaans in die parlement, tegemoet te gaan, dan maak hy/sy ‘n groot fout. Slegs twee partye is teen aborsie op aanvraag. Ek stem vir een van hulle en dit is beslis nie een van die groot drie nie. Kom ons glo in die toekoms van die land en dink voor ons stem. Israel se leiers regeer met die hulp van koalisies en ons kan ook. In SA kan jy nie direk vir ‘n wenner stem nie want dan gaan jy verloor.

Jan Wandrag ·

Stem saam om 3 grotes soos die dood te vermy!!!! Beslis!!!!

Zirk ·

Solank die ongeletterde en halfgeskoolde en moontlik dus oningeligte kieser stemreg het, sal daar maklik vir die verkeerde party gestem word, en die land in die afgrond in bestuur en regeer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.