Gordhan belowe om afgradering na rommelstatus te verhoed

Pravin Gordhan. Argieffoto

Pravin Gordhan. Argieffoto

Pravin Gordhan, minister van finansies, het belowe om die land se kredietgradering te beskerm om te verhoed dat dit verlaag word na rommelstatus.

Dit volg nadat Standard & Poor Suid-Afrika se vooruitsigte in Desember van stabiel na negatief, wat een graad bo rommelstatus is, verander het.

“Die gevolge van enige afgradering is goed bekend, binne die Tesourie en in die regering, ons maak geen geheim daarvan nie,” het Gordhan tydens ʼn onderhoud met Financial Times gesê. “Ons is baie toegewyd daaraan om die geloofwaardigheid van ons fiskale pad te herstel.”

As die kredietstatus verlaag word, sal die regering en sy verwante organisasies meer betaal om geld te leen. Die rand sal verder verswak en geld sal uit die land se effektemarkte vloei.

Gordhan, wat die vure moet blus nadat pres. Jacob Zuma in ʼn kwessie van ʼn week aan die einde van verlede jaar twee finansiële ministers die trekpas gegee het, het gesê die regering het “ʼn diepgaande en praktiese verbintenis tot verdere fiskale versterking, en om ʼn meer dinamiese groei te skep”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

alida ·

Hy kan begin deur die hele kabinet in die asblik te gooi en oor te begin.

Rynhardt ·

Absoluut verstommend dat n minister van finansies nog steeds die publiek speel! Hoe wil hy n afgradering verhoed as land se ekonomie reeds vernietig is? Parlement is vol van Laurel en Hardy’s!

Johann Marx ·

Hoekom word daar altyd in die nuwe Suid Afrika gespog met hoe naby ons aan ‘n tragedie was, en hoe ons dit nou gaan “red” nie? Is dit wat gebeur as ‘n “struggle organization” aan bewind kom? Ons “struggle” van die een disaster na die volgende? Hoeveel tyd en energie word vermors deur heeltyd te moet “red wat te redde is” nie? Kan ons nie maar vir ‘n slag ‘n bietjie pronk met prestasie…..in plaas van recovery nie? As dit so voordelig is om ‘n swak geldeenheid te hê dan moet dit hel wees om in Brittanje te bly, en paradys in Zimbabwe….en tog wil die realtiteit nie so lyk nie.

Gideon ·

Johann, jy praat die waarheid!! Ons land het byna iets gesien sonder ‘n spieël!! Hierdie eens pragtige vooruitstrewende land wat die juweel van Afrika was, is nou in net 21 jaar net bo rommel status. Ek voel jammer vir die minister maar as hy nie sy stem behoorlik dik maak nie, gaan hier hongersnood wees, soos wat ons nie geken het nie!! Geen boere gaan oor wees nie, geen kos gaan geproduseer word nie, en met die lae wisselkoers gaan dit onmoontlik wees om kos in te voer!
Dan sal misdaad toeneem, winkels gaan geplunder word en totale wanorde soos wat mens nie kan glo gaan hier losbars!

Winston ·

Johann en Gideon. Kan maar net saamstem. Niks gesê wat nie waar is nie. Ons land is n jammerlike mislukking en die wat hoop en bid. Sterkte.

Ernest ·

Ek wil net laat weet hoe lekker ek vir die kommentare lag. Is daar iemand wat kan sien hoe siek en sat ONS mense is ?? Julle moet besef dat daar baie troos en ondersteuning in julle kommentaar is, al is dit skerp en op die man af. Hou so vol en dan hoop ons die “regte” mense lees dit dalk raak. Hierdie soort verset het soms meer waarde as die “mooipraatjies” van die “kamma ingeligtes”..!!!

JOHNY ·

Kommunisme werk so neek die land en alles op en dan sal die persone wat nie so wil lewe nie die land verlaat soos die geval nou in sirie .Kyk om julle. Geskiedenis word verdraai .Minderheids groepe het nie n se nie. Te veel om op te noem .Volg my geskiedenis vir n tyd lank en kyk gereeld wat in die wereld aangaan Weet al water lande is goed en water lande nie En die tweede wereld oorlog ook en kan dan aflei water lande het reg op getree en water lande nie

kobus ·

Ons land word bedryf deur n rommelstaat regering met rommel leiers wat rommel politiek toepas en rommel dienste lewer met rommel leiers,bestuurders,werkers en comrades. . Rommel beteken vuil

alida ·

Vuil is een woord maar onbevoeg en skelm daarby is n ander.

TTh ·

Nee wat, hier kom nog ‘n ‘spoeg en plak’ poging, soos meeste aksies van die regering … SA kan nie meer op die manier ‘gered’ word nie al het die regering ‘n ‘diepgaande en praktiese verbintenis tot fiskale versterking’ – kapitaal vloei klaar uit, misdaad vier hoogty en korrupsie is die in-ding.

Shannon ·

Na afloop van die referendum in die vroeë 90’s was daar bepaal dat die Rand sou val tot omtrent 16 Amerikaanse sent. Die reaksie vanuit die publiek was skepties, siende dat dit effektief laer was as die land se ‘core asset value’.
Maar daardie vlak was spoedig behaal, en sonder om te stagneer het die Rand het sowaar voort gestuimel.
Met ander woorde, indien mense nou die land sou verkoop voetstoots, sou daar meer geld ingewin word as wat mense die land werd ag. Dit is hoe min vertroue die geld magte in Suid Afrika het.
Geld wat stom is praat die hardste.

Die eenheid sal nie stabiliseer nie, dit sal verder val en die Rand sal opeindig waar alle ander derde wêreld geld eenhede soos die Mozambiekse Metica, die Angolese Kwanza opgeeindig het – baie baie nille agter aan. Een miljoen Azanzers = 15c.

Die boere bekommer oor vergrype oor plase ?? Oor nog 10 jaar gryp hulle jou huis – die een waaraan jy so lank en so hard af pataal.

André ·

Shannon. Botswana se Pula is al laaaaaankal meer werd as ons Rand. In 1996 het ons R1.52 moes uithaal vir 1 Pula.

André ·

Winston. Ek het nuus vir pessimiste soos jy. Gebed sit die hand van God in werking. Jy moet dit dank bietjie probeer.

Realis ·

Andre. Twee hande wat werk is meer werd as honderd hande in gebed.
Jy kan nie toelaat dat dinge buite beheer raak en dit dan reg wil bid nie.
God is nie ‘n “phone a friend” nie

Oom Boer ·

Wow dankie tog, dit kom voor of ons darem nog ‘n status beklee. Is dit nou met die krisis bestuur wat in aanloop is. Ja en so lag al my buiteland kollegas vir my met hul bydraes oor ons Sirkus en dat ons in die buiteland as ‘n derde (3de) wereld land beskou word. Mense raak skugter om beleggings te wil maak (miskien die Guptas ja) of om te wil besoek want die misdaad vlak weerhou besoekers. Ag wat ons bly mos positief, want dinge gaan mos regkom en se net nie wanneer nie.

Andre ·

Realis. Gaan lees bietjie jou Woord. God sê waar 2 of meer in sy naam vergader….daar is Hy. Dit gaan nie oor “phone a friend” nie. Ons dien ‘n almagtige God wat dinge in ‘n oogwink kan verander. …….self Suid Afrika. jou “realiteit” is gegrond op mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.