Gordhan bevestig 3,9%-begrotingstekort

Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy begrotingsrede op 24 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy begrotingsrede op 24 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

Pravin Gordhan, minister van finansies, het Woensdag bevestig die staat se begroting toon ʼn tekort van 3,9% van die bruto binnelandse produk (BBP), soos vroeër voorspel is.

“Ek is bly om te bevestig die inkomste en uitgawe resultate vir 2015/16 stem ooreen met die beramings wat in Februarie aan die [parlement] voorgelê is, wat die begrotingstekort vir die afgelope jaar op 3,9% van BBP te staan bring,” het Gordhan tydens die tesourie se begrotingsrede gesê.

Gordhan het gesê ʼn kleiner tekort van 3,2% word vir die huidige finansiële jaar voorspel en die tesourie is steeds toegewyd aan sy beleid van fiskale omsigtigheid om skuld verder te verminder tot 2,4% van BBP in die mediumtermyn.

“Oor die volgende drie jaar sal die tekort na 2,4% verminder word en sodoende sal staatskuld as ʼn persentasie van die BBP stabiliseer en die aanpasbaarheid van ons openbare fondse bevestig,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

TREVOR ·

SNY DIE MINISTER EN REGERING SE SALARIES OMDAT HULLE KRY MOS VET SALARIS EN LEKKER LEWE EN STAAT BETAAL VIR HULLE KFC KOS EN VERBLYF GRATIS.

m ·

Ag asb hierdie mense sal nooit aan hulle eie salarisse laat sny nie, hulle sal weer die gewone mense op straat rook vir hierdie geld wat tekort is.

Michele ·

Dis skrikwekkend dat 70% van die begroting is vir staat in vergelyking met die 30% van vorige era. Tragies dat ons geen sê het oor die verkwisting van geld nie

John ·

Minister Davis het vanoggend aan die BBC gese die probleme in ons land is ook maar net soos die van ander lande. Ons is in ‘n knyptang as gevolg van buitelandse faktore wat swak uitvoere tot gevolg het. Hy is nie bereid om foute aan regeringskant te onderskryf nie. Volgens hom gaan president Zuma aanbly tot 2019, en basta! Minister Gordhan gaan nog sweet en ons ook!

Rina ·

Die begroting is n ander saak. Almal word aan gedink in die begroting, maar wat van die ouderdoms pensioen. Hoe dink julle moet die oumense leef van n skamelike R1400 n maand. Dis n skande ….wanneer laas het hul n verhoging gekry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.