Gordhan: ‘Boelies is nie my baas nie’

Min. Pravin Gordhan by die Zondo-kommissie in Johannesburg. Foto: ANA

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het sy kritici Dinsdag ʼn skuinsklap gegee toe hy aan die kommissie van ondersoek na staatskaping gesê het hy skrik nie vir boelies nie.

Die minister het vir die tweede dag in Johannesburg voor die kommissie onder voorsitterskap van adjunkhoofregter Raymond Zondo getuig.

Gordhan het aan die kommissie gesê hy is nie te koop nie en sal nie verantwoording aan boelies doen nie.

“Diegene wat die aantygings maak, veral buite dié forum, moet na die kommissie kom en onder eed sê wat hulle te sê het en hulle aan kruisondervraging onderwerp. Ek is nie ʼn kommoditeit wat te koop is nie en ek dink die Guptas het dit ook uitgevind.”

Terwyl Gordhan getuig het, het dreunsang deur die lokaal weergalm van die EFF en Black First Land First wat buite betoog het. Hulle dring aan op Gordhan se bedanking.

Die EFF beskuldig hom van oneerlikheid in die parlement oor sy interaksie met die omstrede Gupta-familie en het hom by die openbare beskermer en die parlement se etiekkomitee verkla.

Gordhan het toe verwys na sy heraanstelling as minister van finansies in 2015 deur oudpres. Jacob Zuma, kort nadat hy Nhlanhla Nene afgedank en Des van Rooyen aangestel het. Suid-Afrikaners het met skok op Zuma se optrede gereageer en die markte het verswak.

Tydens ons gesprek het die voormalige president gesê hy was van mening Van Rooyen was geskik vir die amp.

Uit vrees vir nóg ekonomiese nagevolge het Zuma vir Gordhan na ʼn ontmoeting in Pretoria op Sondag 13 Desember 2015 ontbied en gevra dat hy Van Rooyen vervang.

Gordhan het getuig Jessie Duarte, die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, het hom gebel en gesê Zuma sou hom iets vra wat hy nie moes weier nie. Zuma se destydse adjunk, Cyril Ramaphosa, het hom ook gevra om in te stem.

“Tydens ons gesprek het die voormalige president gesê hy was van mening Van Rooyen was geskik vir die amp van minister van finansies, maar dat ander gemeen het die ontwrigting in die markte wanneer hulle die Maandag heropen het, kon selfs erger gewees het as Van Rooyen aangebly het.”

Gordhan het getuig Zuma het gevra dat hy die amp oorneem ten einde die markte tot bedaring te bring.

Hy het aan die president gesê hy meen daar is baie mense wat die ministerie kon oorneem, maar nadat hy met sy familie gesels en Zuma druk op hom uitgeoefen het, het hy die aanstelling aanvaar.

Gordhan het gesê aantygings dat hy en Zuma ʼn ooreenkoms bereik het oor wanneer hy as minister van finansies sou terugkeer, was vals en kwaadwillig.

Eerstens wil ek dit duidelik stel ek was verbaas dat [Zuma] my terug wou hê.

“Eerstens wil ek dit duidelik stel ek was verbaas dat [Zuma] my terug wou hê. Ek het nooit steun vir enige werk gewerf nie; die politiek is nie die loopbaan vir my nie.”

Gordhan was destyds die minister van samewerkende regering. Hy het aan die kommissie gesê hy het sy werk in die aanloop tot die munisipale verkiesing van 2016 geniet.

“Dié departement het nie voldoende gefunksioneer nie en ons het daarin geslaag om dit reg te ruk… so ek wou in daardie tyd nie van werk verander het nie.

Hy het gesê die eerste aspekte op sy agenda by die nasionale tesourie was om in te gryp by die benarde finansiële situasie van die SAL en die rol van dié lugredery se destydse voorsitter, Dudu Myeni, asook die kernkragooreenkoms en Tom Moyane se rol by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann cb ·

Ek het baie geloof in Mnr Gordhan. Sy getuienis behoort heelwat vrae te beantwoord. Hy kan gerus maar weer Minister van Finansies word!

Blondie ·

Mens kan op sy gesig sien hoe lekker kry hy. Hy het lank gewag vir hierdie geleentheid.

Blondie ·

Mens kan op sy gesig sien hoe hy hom verlekker. Hy het lank gewag hiervoor.

Alida ·

Veer in die hoed vir Mnr Gordhan. Ons is trots op u. Hy kan CR se plek iinneem want diè se naam word kort kort genoem. Wonder net wanneer word die spul nou vervolg.

Cherokee ·

Vir my bly dit maar net ‘n onweerlegbare feit dat Gordhan lid was van die ANC ook toe hul gewapende vleuel bekend as umkhonto we siswe winkelbomme en stasiebomme geplant het en onskuldige mense vermoor het. Hy het nie daarteen beswaar gemaak nie.

Dries du Toit ·

Onthou maar net. Hy is n kommunis. Al het hy meer integriteit as sy makkers. Ons moet maar net ons ogies oophou

Johan ·

Ek glo nie Gordhan is so onskuldig nie. Hulle almal eet lekker saam. Kyk net hoe kom ou CH se stories nou uit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.