Gordhan boos oor EFF se aanklagte

Pravin Gordhan. Foto: GCIS

Die departement van openbare ondernemings sê die klagte wat leiers van die EFF teen minister Pravin Gordhan aanhangig gemaak het, is “ʼn flagrante misbruik van die kriminele regstelsel”.

“Die sogenaamde klagstaat is ongegrond en wemel van leuens, fopnuus en versinsels,” sê Adrian Lackay woordvoerder van die departement. “Dis bloot die jongste aanval op die voorgesette pogings om korrupsie en diefstal in die staatsbeheerde maatskappye en ander openbare instellings te bestry.”

Julius Malema, leier van die EFF, het Dinsdag gesê hy het bewyse aan die polisie oorhandig dat Gordhan korrup is.

Ons het nooit iets anders oor Pravin gesê nie, net dat hy korrup is.

“Ons het nooit iets anders oor Pravin gesê nie, net dat hy korrup is,” het Malema aan ondersteuners gesê wat by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria bymekaargekom het. “Pravin het ʼn rekening in Kanada oopgemaak en mense aangemoedig om geld daarin te deponeer as hulle probleme met die Inkomstediens ondervind.”

EFF-leiers het Dinsdag onder luide toejuiging klagte teen min. Pravin Gordhan by Brooklyn se polisiekantoor ingedien. Foto: ANA

Die EFF het aanklagte van geldwassery, korrupsie, afpersing, bedrog, meineed en skending van die Intelligensiewet en die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Aktiwiteite teen Gordhan ingedien.

Lackay sê Gordhan het verlede week onder eed voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping ontken dat hy ʼn bankrekening in Kanada het. “Hy het ook verduidelik dat sy dogter nie geldelik baat gevind het by staatsake nie en ook nie sake met enige staatsliggaam gedoen het nie.”

Gordhan beskuldig die EFF daarvan dat die klagte by die polisie bloot die aandag probeer aflei van die werklike probleem in Suid-Afrika, naamlik korrupsie. “Die publiek behoort diegene wat dié aanvalle loods, te vra: ‘Wat steek julle weg en hoekom wil julle so graag die publiek se aandag aflei?’”

Die inhoud van die klagstaat is vals, lasterlik en kwaadwillig.

Die inhoud van die klagstaat is volgens Lackay “vals, lasterlik en kwaadwillig en is in die openbaar versprei met die spesifieke oogpunt om die minister en sy familie se integriteit en aansien skade te berokken”.

Hoewel hy dit nie uitstippel nie, het Lackay laat deurskemer dat die minister en sy familie die moontlikheid van ʼn skadevergoedingseis teen die aanklaers oorweeg vir die skade wat hulle weens die aanklagte kan ly.

Lackay gee ʼn uiteensetting van al die klagte wat die EFF teen Gordhan aanhangig gemaak het, waarvan die meeste aantygings teen die minister se dogter is, en weerlê hulle dan een vir een, byvoorbeeld dat sy persoonlik baat gevind het by Investec, waar sy van 2007 tot 2017 gewerk het, se beleggings in ontluikende maatskappye.

Gordhan se dogter was ook nie in haar private hoedanigheid direkteur van enige firma nie, maar het Investec in direksies verteenwoordig.

Gordhan het voor die Zondo-kommissie getuig dat sy dogter geensins haar verhouding met hom gebruik het om toegang tot staatstenders te kry nie; trouens, sy het nog nooit sake met die staat gedoen nie, het hy getuig. Ook het nóg sy nóg haar pa ʼn bankrekening in Kanada.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

alida ·

Ek hoop Mnr Gordhan slaan hierdie kapokhaan waar dit regtig seermaak. Walglike gedrag.

Santjie ·

Praat die een met die rooi kepsie nou… hy skuld nie die ontvanger duisende nie? sy bladsy is skoon…

humor ·

Dit lyk my hoe meer malema swartsmeer en laster hoe dieper raak die put wat hy vir homself grawe. Dit is wilde katspronge om steun en stemme te werf maar dit kan baie lelik boemerang.

zoom zoom ·

Hoekom word hy kwaad. Is daar dalk waarheid in JM se klagte
As Gordhan niks het om wegtesteek dan moet hy Sy boude ontspan en chill.

PW ·

Onthou, dis nie noodwendig net aanklagte nie. Dit gaan gewoonlik (veral met die EFF) gepaard met dreigemente en/of geweld.

wroom wroom ·

zoom zoom; regtig?? Wat probeer jy nou eintlik voorgee; dat jy nooit kwaad word wanneer iemand jou valslik beskuldig nie?

Di ·

Ag ek is al SO MOEG om die rooikappies op elke dag se nuusblad te sien hulle maak my skoon naar. Die media moet ophou om hulle walglike gedrag elke dag te publiseer. Lyk my hulle het niks anders om te doen as om elke dag te kyk waar hulle amok kan veroorsaak

alida ·

Mnr Gordhan sal homself bewys. Hy is kwaad vir die aanval teen sy persoon en sy familie. Verstaan dit tog. Hoe sal jy daarvan hou?

magda ·

Vee voor jou eie deur Malema -praat van korrup – Regtig???? wys n vinger na ander maar 4 vingers wys terug na julle toe.

Foxi ·

Hoe meer die rooipet mannetjie geraas maak, hoe meer trek hyself die tou stywer om sy eie nek. N mens kan net op n sekere punt n geraas verdra……daarna maak jy plan om dit stil te maak. Hou so aan mnr die rooi pet, soos julle rondspring asof rooi kole onder jul voete is, so sal die geraas verflou.

Ja Nee ·

Die eerste probleem is die Media, hulle gee die eff te veel aandag. Die tweede is die eff word nooit vervolg vir enige aanklagte teen hulle nie en laastens die eff maak net wat hulle wil want die meerderheid dink hulle sal vir hulle als verniet gee.

Marie Visser ·

Malema wil die publiek se aandag van die EFF se vergrype in die VBS skandaal af weglei. Hy is so reg uit die hart van satan.

Sass ·

Ek sterf liewer as om hierdie aarts-kommunis te ondersteun slegs omdat Malema hom slegse. Boonop neig ek om skepties te wees. Die magsgier-virus loop diep in die verrotte siel van die terroris-ANC. Laat Ghordan maar val. Ek voel vere.

Mel ·

Eks nie snaaks nie maar al die nonsens moet stop. Maak nie saak wie reg of verkeerd is ek hoop dat waarheid sal uitkom en alle mense hulle oe oopmaak voor verkiesing! Vir almal se beswil!

Cornelia ·

Dit is darem baie ggewaag om so ‘n aanklag te maak sonder grondige bewyse? Al is malema en die hele eff deel van dieselfde puin, geld die spreekwoord wat sê: “waar daar ‘n rokie trek…moet daar ‘n vuurtjie brand.” En daar is baie rokies en vuurtjies by die onthaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.